Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Klippe en koeëls vlieg
May 16 2008 08:58:34:273AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'Trots Suid-Afrikaans'
  • 'As inwoners skiet, sal polisie ook'
  • 'Vreemdelingehaat media se skuld'
  • 'Sal dán ook skerp ammunisie gebruik'
  • Msimelelo Njwabane


    Sporadiese gevegte tussen die polisie en oproermakers het gister in die Diepsloot-plakkerskampe, noordwes van Johannesburg, gewoed namate die xenofobiese geweld wat verlede Sondag in Alexandra begin het, ook na ander dele van Gauteng uitgekring het.

    Minstens twee mense is al dood, tientalle beseer en honderde haweloos gelaat sedert die geweld begin het. ’n Aantal huise en winkels van immigrante is ook geplunder of afgebrand.

    Die polisie is gister telkens met klippe bestook terwyl hulle die versperrings verwyder het wat deur inwoners op die toegangspad na Diepsloot opgerig is.

    Die polisie het gereageer deur met rubberkoeëls op die oproeriges te skiet.

    Vreesbevange Somaliese en Pakistanse ondernemers het hul voorraad onder polisiebewaking uit hul winkels verwyder en gevlug. Die staalveiligheidsdeure van die Bismilah-supermark – met die woorde “Proudly South African” bokant die ingang geverf – was egter reeds oopgebreek.

    Ook joernaliste is gister onder die klippe gesteek. Polisielede moes hulle in een stadium uit die plakkerkampe onttrek omdat hul rubberkoeëls opgeraak het.

    “Ons het te min mannekrag hiervoor,” het ’n gefrustreerde polisielid gesê.

    Mans, vroue en kinders uit Malawi, Somalië, Zimbabwe, Pakistan, Bangladesj en Mosambiek is gister hier haweloos gelaat weens die geweld. Soos die immigrante-slagoffers in Alexandra het hulle in die plaaslike polisiestasie gaan skuil.

    Die Zimbabwiese boorling mnr. Japhet Ncube (45) en sy kinders, Jabulani (8) en Ntombentle (6), was onder die vlugtelinge by die polisiestasie. Ncubwe woon al 15 jaar in Suid-Afrika.

    Volgens Ncube het hy ontdek sy huis is leeg geplunder toe hy van sy werk in Fourways af teruggekeer het. Hy en sy kinders het nou slegs die klere aan hul lywe oor.

    “Hoe gaan ek vir my kinders sorg noudat ek nie werk toe kan gaan nie? Alles waarvoor ek gewerk het, is weg,” het hy gesê.

    Me. Duduzile Ncube (30) van Bulawayo in Zimbabwe woon al sewe jaar in Suid-Afrika. Sy sê die Suid-Afrikaners is jaloers op buitelanders wat suksesvol is.

    Haar spaza, waar sy sigarette, lekkergoed en ander basiese benodighede verkoop, is gister leeg geplunder.

    Met dié geld onderhou sy haar en haar familie in Zimbabwe wat geen ander inkomste het nie.

    Van die inwoners van Diepsloot het gister gesê hulle haat die vreemdelinge.

    Die redes wat hulle verskaf het, was “hulle dreig om ons te toor”, “hulle vat ons Hop-huise”, “hulle het bonatuurlike magte want hulle maak geld waar ons nie kan nie”, “hulle steel ons mans en vroue en is misdadigers”.

    Beeld het gesien hoe die polisie minstens ses mans in hegtenis neem weens openbare geweld en hulle in boeie weglei, maar dir. Govindsamy Mariemuthoo, polisiewoordvoerder, het dit later ontken.

    Mnr. Mark Lowe, DA-woordvoerder, het gister gesê die regering moet ook skuld aanvaar vir die vlaag van aanvalle op immigrante: “Dis die direkte gevolg van die regering se onvermoë om immigrasie te reguleer en te beheer.

    “Dit was net ’n kwessie van tyd voordat plaaslike woede oor die instroming van miljoene onwettige immigrante in geweld sou ontaard.

    “Die enigste manier om ’n humanitêre krisis te verhinder is om stappe te doen om immigrante op ’n behoorlike en menswaardige manier te hanteer.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |