Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Rowers skiet hom 4 keer in sy huis
May 16 2008 12:11:58:000PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Sapa en Hilda Fourie

'n Man van Pretoria het Vrydagoggend in die hospitaal beswyk nadat rowers hom onder meer in die kop geskiet het.

Rowers het vier keer op die 28-jarige man van Lynnwood geskiet toe hulle by die huis wat hy met sy ma gedeel het, ingebreek het.

Drie van die skote het die man gestref, onder meer in die kop.

Hy het Vrydagoggend omstreeks 04:40 wakker geword toe twee mans 'n flitslig in sy oë geskyn het, het kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, gesê.

"Hulle het 'n wapen op hom gerig. Die man het met die rowers gestoei en hulle het vier skote op hom gevuur, waarvan drie hom getref het," het Weilbach gesê.

Die verdagtes het moontlik deur 'n venster wat nie diefwering het nie toegang tot die huis gekry.

Die mans het gevlug en net 'n selfoon is gesteel.

Die man was aanvanklik in 'n stabiele toestand in 'n hospitaal, maar hy is later Vrydagoggend dood.

"Die Brooklyn-polisiestasie ondersoek 'n saak van gewapende roof en moord."

Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie. - Sapa

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |