Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ma kom nie terug ná sy glo rekening gaan betaal
Polokwane (Pietersburg). – ’n Jong ma van dié stad wat ’n depressielyer is, word deur die polisie gesoek nadat sy spoorloos verdwyn het. Me. Louisa Rachel Pereira (27) word sedert Dinsdag vermis. Haar suster, Gabi, het gister gesê die familie is rasend van kommer. “Iets is nie reg nie, sy het twee klein kindertjies en sal nie net so uit haar eie verdwyn nie.” Pereira was Dinsdag nog by A&L Cosmetic in Markstraat in die middestad waar sy werk. Volgens mnr. Alvin Padayachee, haar kêrel van die afgelope tien jaar, het sy omstreeks 11:30 aan haar kollegas gesê sy gaan ’n klere- rekening in die stad betaal. Sy het ook vir hulle kos by ’n nabygeleë kitskosrestaurant gekoop. Die kos is by die kollegas afgelewer, maar Pereira was skoonveld. Sedertdien weet haar driejarige seuntjie, Chad, en sy sussie, Zoë (1), nie waar hul ma is nie. Padayachee het gesê daar was sowat drie maande gelede ’n gewapende rooftog by hul huis in Eduan Park in dié stad. Pereira is ook sedertdien onder sielkundige behandeling. “Ons weet nie wat van haar kon geword het nie. Ons het nie enige probleme gehad nie en sy sou nooit haar kinders gelos het nie.” Padaychee het intussen ’n SMS ontvang wat sê Pereira is in Johannesburg waar sy ’n nuwe werk het. “Ek ken nie die selfoonnommer nie en as ek daarheen bel, antwoord niemand nie.” Pereira het lang bruin hare met blonde ligstrepe en is 1,8 m lank. Sy het donkerbruin oë en het ’n geboortemerk aan haar linkerenkel. Sy is die laaste keer opgemerk in ’n wit Toyota Tazz met die registrasienommer FLY 670 N. Haar besonderhede is ook op die misdaadwebwerf eBlockwatch. Insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder in Polokwane, het gister bevestig dat ’n saak van ’n vermiste persoon deur die polisie se speurtak ondersoek word. Die speurders ondersoek ook die SMS. Enigiemand met inligting kan die Polokwane-polisie bel by 0 015 290 6577.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|