Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Weermag kan nie nee sê vir dié met MIV
May 16 2008 08:51:51:603PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Mense met MIV mag by die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) aansluit.

Dit kom nadat die weermag gister in die Pretoriase hooggeregshof erken het sy beleide wat MIV-positiewe mense keer om in diens geneem, in die buiteland ontplooi en in die gewapende magte bevorder te word, ongrondwetlik is.

Die weermag het gister ’n skikkingsooreenkoms bereik met die Aids Law Project (ALP), wat in ’n geding in dié hof opgetree het namens die South African Security Forces Union (Sasfu) en individuele militêre lede.

Die weermag het ingestem dat diskriminasie teen mense slegs op grond van hul MIV-status teen die wet is. Die ooreenkoms, wat ’n hofbevel gemaak is, dwing die weermag om ’n nuwe gesondheidsklassifikasiebeleid binne ses maande te formuleer.

Dit dwing die weermag voorts om die bevordering en buitelandse ontplooiing van een van sy lede met MIV te oorweeg. Dit moet ook dadelik ’n man in diens stel wat al die toetse geslaag het om toegang tot die weermag te kry, maar wat slegs op grond van sy MIV-status indiensneming geweier is.

“Ek dink dit is ’n reuse-oorwinning vir die Grondwet. Ek dink dit is ’n reuse-oorwinning vir mense wat met MIV leef,” het mnr. Mark Heywood, uitvoerende direkteur van die ALP, gesê.

“Ons het ’n Grondwet, wat beteken ons weermag moet sy beleid regverdig.

“Hy kan nie net sê: ‘Ons is die weermag, ons is macho, ons moet gevegsgereed wees, ons kan doen net wat de hel ons wil doen’ nie. – Sapa


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |