Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Daar was nooit sulke haat nie’
May 16 2008 09:28:07:460PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Coetzee

Gebed sal die probleme in Alexandra, noord van Johannesburg, oplos.

Só glo biskop Thabo Makgoba, die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, wat gister die township besoek het.

Hy en tien talle ander kerkleiers het onder swaar polisiebeskerming deur die strate van Alexandra geloop.

Die kerkleiers het by die St. Michael’s-kerk in Agtste Straat begin en sowat 2 km verder by die Alexandra-polisiestasie geëindig.

Makgoba het van Kaapstad gevlieg om vas te stel wat die toestand in Alexandra is.

“Ek het as kind hier grootgeword en dit is my huis hierdie.

“Ons het mekaar maplantas genoem want ons almal is van elders anders geplant.

“Daar was nooit sulke haat nie,” het Makgoba gesê.

“God wil hê ons moet ons naaste liefhê soos jou self. – hoekom dan nie vir die naaste van ander lande nie?”

Sowat 800 mense skuil sedert Maandag by die Alexandra- en Bramley-polisiestasies nadat aanvalle op buitelanders uitgebreek het.

Volgens Makgoba sal interkerklike dienste volgende week in Alexandra gehou word om die vrede te herstel.

Polisie en metropolisievoertuie het gister die heeltyd die strate van Alexandra gepatrolleer terwyl ’n gespanne stilte steeds oor die township gehang het.

Ds. André Bartlett, voorsitter van SA raad van Kerke in Gauteng en verbonde aan die NG kerk Aasvoëlkop, sê onderliggende probleme soos swak dienslewering en armoede sal dringend aandag moet kry.

Ds. Reggie Nel, lid van die VGK se moderatuur, het gesê hulle sal kyk om binnekort materiële bystand aan gemeentes in die township te verskaf.

Sedert vyf mense eergisteraand ernstig beseer is in xenofobiese geweld in die Diepsloot-plakkerskampe, noordwes van Johannesburg, het die inwoners hier gister weer “almal hulle gang gegaan”, berig Magdel Fourie.

Hoewel ’n gespanne atmosfeer nog geheers het, het die sporadiese gevegte gekalmeer en “is alles rustig,” het kapt. Louise Reed gisteraand aan Beeld gesê.

Gister is net een arrestasie weens openbare geweld gemaak.

Dit volg op die xenofobiese geweld wat Sondag in Alexandra begin het en intussen ook na ander dele van Gauteng uitgekring het.

Vier van die vyf mense wat eergisteraand in Diepsloot beseer is, is geskiet terwyl die ander een se arm gebreek is, het Reed gesê.

Twee van hulle is van Suid-Afrika en die ander drie is buitelanders.

Dieselfde aand is nog 17 Suid-Afrikaners hier vir verskillende voorvalle van openbare geweld gearresteer, het Reed bygevoeg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |