Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Britte kan kom, maar Nigeriërs onwelkom
May 18 2008 09:10:05:290PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Coetzee

Immigrante van Brittanje is meer welkom in Suid-Afrika as dié van die res van Afrika.

Dít is die bevinding van ’n onlangse landwye peiling wat deur Freshly Ground Insights Research behartig is.

Sowat 550 mense van oor Suid-Afrika is vir die peiling genader.

Volgens dié peiling voel 49,9% van Suid-Afrikaners dat immigrante van Brittanje welkom in die land is, terwyl 53% glo Nigeriërs moenie hier wees nie.

Verder is bevind dat 35,67% van Suid-Afrikaners glo buitelanders dra by tot die hoë vlakke van misdaad.

Mnr. Loren Landau, direkteur van die Forced Migration Studies Programme aan Wits, meen die wanbegrippe onder Suid-Afrikaners bestaan omdat daar nooit oor xenofobie gepraat is nie.

“Op skool word kinders op ’n nasionalistiese manier geleer hoe om ’n Suid-Afrikaner te wees. Dié soort opvoeding dra by tot die haat van die onbekende of buitelanders,” sê hy.

Volgens hom oorheers kwessies soos rassisme die nasionale debat en word daar selde oor immigrante of xenofobie gepraat.

“Dit is tyd dat leiers die probleem aanpak.

“Hulle moet hul oor xenofobie uitspreek en meer tegemoetkomend teenoor immigrante wees.

“Politici weet dit sal hulle nie altyd ondersteuning (onder Suid-Afrikaners) in die sak bring nie en hulle is dus laks om dit te doen,” voeg hy egter by.

Volgens hom moet Suid-Afrika dringend sy beleid teenoor immigrante verander.

“Dit moet erken word dat ons ekonomie gegrond is op trekarbeid en dat ons land nie daarsonder kan voortbestaan nie.

“Al die land se probleme sal nie opgelos word sodra ons alle immigrante na hul eie lande terugstuur nie.

“Die welvaart van die land en die (Suidelike Afrika) streek hang juis af van hoe goed die vloei van immigrante bestuur word,” sê Landau.

Volgens hom word meer werk geskep en sal die ekonomie ook sterker groei as immigrante gemakliker in Suid-Afrika opgeneem word.

“Al dié wanbegrippe onder Suid-Afrikaners moet uitgeroei word,” sê Landau.

Freshly Ground Insights Research sê die peiling wys slegs ’n kwart van Suid-Afrikaners verwelkom buitelanders in die land.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |