Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Sheldean: 'Net hý weet van lyk'
Mnr. Andrew Jordaan alleen het geweet waar Sheldean Human (7) se lyk is. Die staat het bo redelike twyfel bewys hy het haar ontvoer en vermoor, en dis ’n veilige afleiding dat hy haar minstens probeer verkrag het. So het adv. André Fourie, staatsaanklaer, gister in sy slotbetoog in Jordaan se verhoor in die Pretoriase hooggeregshof gesê. Jordaan (26) van Pretoria-Wes het Sheldean van Pretoria Tuine na bewering op 18 Februarie verlede jaar ontvoer, verkrag en verwurg. Hy het glo haar lyk, sonder haar broekie en T-hempie, in ’n mangat gegooi. Waarnemende regter Chris Eksteen lewer Dinsdag uitspraak. Fourie het betoog Jordaan het die mangat aan die polisie uitgewys en sekere erkennings gemaak wat deur die hof toegelaat is as bewysstukke. Weens dié uitwysing is die lyk gevind. Of Sheldean verkrag was, is ’n moeiliker vraag. Jordaan het aan die polisie gesê hy het aan Sheldean “gevat”. Dít het ’n seksuele konnotasie, het Fourie gesê. Op Jordaan se weergawe kom dit slegs neer op onsedelike aanranding, maar die aanklag is dié van verkragting. Dit bly steeds vreemd dat Jordaan haar broekie en hemp uitgetrek het. As hy haar slegs onsedelik wou aanrand, waarom het hy haar klere uitgetrek? het Fourie gevra. Fourie het gesê ’n “veilige afleiding” is dat Jordaan Sheldean “minstens” probeer verkrag het. Dat Jordaan in ’n “emosionele toestand” hierna by sy huis aangekom het, spreek boekdele dat hy haar vermoor en gemolesteer het. Fourie het verwys na die foto’s van kaal vroue wat deur die polisie in Jordaan se kamer gekry is. Op een van die foto’s is ’n model se geslagsdeel toegeplak met ’n ander geslagsdeel sonder skaamhare. Hieroor het Fourie betoog Jordaan het ’n “geneigdheid vir jong dogtertjies”. Adv. Khomotso Tlouane, namens Jordaan, het gesê Jordaan kon moontlik geïnteresseerd wees in volwasse vroue omdat die foto’s van vroue is. Hy kon moontlik die wonderlike skepping van God bewonder het. Tlouane het gesê jong mans versamel sulke foto’s en Jordaan was net ’n jong man. Hy het bygevoeg Jordaan, wat alle bewerings teen hom ontken, is deur die polisie voorgesê om te sê hy het Sheldean doodgemaak. Volgens Tlouane is daar twee weergawes van die staat oor wat Jordaan oor die onsedelike aanranding op Sheldean aan die polisie sou sê. Dit is ’n weergawe dat hy haar onsedelik aangerand het vóór haar dood, en ’n weergawe dat hy dit gedoen het ná haar dood. “Watter weergawe is die waarheid?” het Tlouane gevra. Oor die bewering dat Sheldean se klere agterna in die mangat gegooi is, het Tlouane gesê: “Niemand weet regtig wat daar gebeur het nie.” Daar is geen DNS-getuienis teen Jordaan in die verkragtingsaanklag nie. As daar twyfel by die hof bestaan, moet Jordaan die voordeel van die twyfel kry, het Tlouane gesê. Hy wou ook weet of dit versoenbaar is dat Sheldean een oomblik met Jordaan op ’n sypaadjie kon speel en hy haar die volgende oomblik kon vermoor. Kapt. Michael van Aardt, ondersoekbeampte, het vroeër getuig Jordaan het aan hom gesê hy was “lus” vir Sheldean, “maar het niks gedoen nie”. Tlouane het gesê as die hof Van Aardt se weergawe aanvaar, moet die hof aanvaar dat Jordaan haar nie verkrag het nie.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|