Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Musica skuldig oor handel met vals goedere
Die musiekwinkelgroep Musica is gister deur die Pretoriase handelshof skuldig bevind aan die verkoop van vervalste PlayStation-goedere. Musica is skuldig bevind op 74 aanklagte van die oortreding van die Wet op Nagemaakte Goedere. Hy word op 6 Augustus gevonnis. Dit kom nadat vervalste Play-Station-toebehore tydens ’n klopjag in twee winkels gevind is. Die departement van handel en nywerheid het die klopjag uitgevoer. Mnr. Robert Charles Ferns van New Clicks, moedermaatskappy van Musica, was as verteenwoordiger van Musica in die hof. Die aanklagte is deur die Southern African Federation Against Copyright Theft (Safact), ’n organisasie sonder winsbejag wat vervalsing probeer bekamp, ingedien nadat hy op 27 Februarie verlede jaar toetsaankope by die twee winkels gedoen het. Luidens die klagstaat is vervalste PlayStation 2-geheuekaarte en -toebehore op 1 Maart verlede jaar by Musica se winkels in die Menlyn-winkelsentrum, Pretoria, en in die Centurion Mall gekry. Luidens die klagstaat hou die eerste 29 aanklagte verband met die verkope van goedere by die winkel in Menlyn, en die res is vir die goedere in die Centurion-winkel. Mnr. James Lennox, uitvoerende hoof van Safact, het gister gesê Musica het nie redelike stappe gedoen om die pleeg van die misdaad te vermy nie. Musica het 18 maande lank toebehore van ’n ongemagtigde verspreider ontvang, het hy gesê. Die winkelgroep se verskaffer, die invoerder Dolphin Enterprises, is verlede jaar in die Durbanse handelshof skuldig bevind op die oortreding van die Wet op Nagemaakte Goedere omdat dit vervalste goedere versprei het. Lennox het gister se hofuitspraak verwelkom. Hy het ’n beroep op handelaars gedoen om “dubbel” te kyk na produkte wat hulle van ongemagtigde versprei- ders ontvang sodat hulle nie vervalste goedere verkoop nie. Mnr. David Kneale, uitvoerende hoof van New Clicks, het vroeër gesê Musica het dadelik nadat die groep ingelig is van die produkte, dit landwyd van sy rakke afgehaal.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|