Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dwelmtoetse by skole: Toestelle gou bekend
Skole behoort binne die volgende paar weke te weet watter toestelle hulle moet gebruik vir dwelmtoetse op leerlinge. Me. Daphne Bradbury, ’n kenner van dié toestelle, verwelkom die toetse omdat dit leerlinge wat deurloop onder groepsdruk, uitkomkans sal gee. Sy meen sulke leerlinge sal hul vrees vir lukrake dwelmtoetsing kan gebruik as “verskoning” om nie deel te neem aan eksperimentering nie. Mnr. Lunga Ngqangelele, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, het gister gesê mev. Naledi Pandor, hul minister, sal binne die volgende paar weke bekend maak watter van die ses toestelle waaroor die publiek in Mei kommentaar gelewer het, goedgekeur word. Een toestel toets vir dwelmneerslag op hande, selfone of baadjiesakke. Die ander is urientoetse. Bradbury is egter bekommerd dat die neerslagtoets maklik gemanipuleer sal kan word, veral in ’n besige en digbevolkte skoolomgewing. “Daar is talle webtuistes waar hulle leer hoe om dwelmtoetse te omseil. “Twee van die toetse is feitlik identies, behalwe dat die een net toets vir kokaïen en die ander vir meer as een dwelm. Ek kan nie verstaan hoekom hulle wil dupliseer nie.” Sy het gister gesê luidens ’n dokument wat die departement uitgestuur het, lyk dit of hy reken daar is toetse wat vir tot 15 dwelms kan toets. “Die meeste toetse kan net vir vyf tot ses middels toets. Ek vind dit ook verrassend dat hulle nie haar- of speekseltoetse oorweeg het nie. “Dit laat ’n mens wonder hoe ingelig die departement is oor die toetsmetodes en wie hulle geadviseer het.” Bradbury meen urientoetse is die algemeenste metode wat al jare lank gebruik word en is goed nagevors. Toestelle behoort skole in staat te stel om goedkoop en vinnige dwelmtoetse te doen. Wetgewing wat skole toelaat om dwelmtoetse op kinders te doen, is einde verlede jaar goedgekeur. Riglyne behels dat die toestel aan wetenskaplike standaarde moet voldoen, dat dit net in die leerling se teenwoordigheid oopgemaak mag word, dat hy vooraf gevra moet word of hy enige medikasie gebruik het en die toets in die teenwoordigheid van ’n getuie van dieselfde geslag gedoen word. Voorts moet die toetser rubberhandskoene dra en die inligting oor die toets moet vooraf gelees word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|