Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Malema sal nie weer ‘kill’ sê nie
pdutoit@beeld.com Kaapstad. – Mnr. Julius Malema, omstrede ANC-jeugleier, het steeds nie verskoning gevra omdat hy gesê het hy sal doodmaak vir mnr. Jacob Zuma, die ANC-president, nie. Hy het wel belowe om nie weer die woord kill in sy toesprake te gebruik nie. Dít was gister die uitkoms van ’n vergadering tussen mnr. Jody Kollapen, die Menseregtekommissie (MRK) se voorsitter, Malema en me. Winnie Madikizela-Mandela, senior ANC-lid. Die MRK het oënskynlik geswig onder geweldige druk vanuit ANC-geledere ná kwaai kritiek van alliansievennote soos dr. Blade Nzimande, SAKP-hoofsekretaris, en mnr. Zwelinzima Vavi, sy ampsgenoot by Cosatu. Die DA het egter aangedui hy gaan voort met die klag wat teen Malema ingedien is en sê hy is teleurgesteld dat die MRK bes gegee het. Die MRK en die ANC-jeugliga sê in ’n kort gesamentlike verklaring die gesprekke was “oop en eerlik”, maar dat albei partye tot die bevordering van die Grondwet verbind is. “Malema het geluister na kritiek op hom omdat hy die woord ‘doodmaak’ gebruik het en besef dit kon anders vertolk word. Hy het ook verduidelik dit was nooit sy bedoeling om geweld aan te hits nie en gesê hy is toegewyd aan demokrasie en die bevordering van menseregte,” lui die verklaring. Die spertyd vir Malema om sy uitlatings terug te trek, was eergister. Die MRK was van plan om verdere stappe teen hom te doen omdat hy nie bereid was om dit terug te trek nie, maar nie meer nie. Vavi, wat dieselfde uitlatings as Malema gemaak het, het sedertdien ook geweier om gehoor te gee aan die MRK se versoek om dit terug te trek. Hy en Cosatu het gesê hy het niks om oor verskoning te vra nie en dat die uitlatings “binne konteks sin maak”. Nie Kollapen of Malema was gister vir kommentaar beskikbaar nie. Die sperdatum vir die MRK se eis aan Vavi is eerskomende Maandag, maar dit is onduidelik of ’n soortgelyke lugsuiweringsvergadering met hom ook gaan plaasvind. Me. Sandra Botha, DA-leier in die parlement, het in ’n verklaring gesê sy wil seker maak Malema word gestraf vir sy onverantwoordelike misbruik van ’n openbare platform. “Sy uitlatings moet in ’n baie ernstige lig beskou word. As dit genoeg herhaal word, sal dit tot geweld lei – veral as mnr. Jacob Zuma se presidentsveldtog gekelder word. “Dit is dus soveel te meer jammer dat die MRK dit nie belangrik genoeg geag het om seker te maak hy bevorder respek vir demokrasie en menseregte nie, soos wat grondwetlik van dié liggaam vereis word.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|