Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Voorgenome kalkmyn bedreig bekende Kango-grotte
Oudtshoorn. – Een van Suid-Afrika se bekendste toeriste-aantreklikhede, die Kango-grotte, kan vernietig word as ’n private maatskappy sy sin kry om kalksteen hier te ontgin. Dié inligting het aan die lig gekom nadat ’n advertensie in ’n plaaslike koerant verskyn het. Volgens dié advertensie moet belanghebbendes voor 24 Julie kommentaar lewer. Kommer is gister uitgespreek dat die Kango-grotte, wat ’n nasionale gedenkwaardigheid is, onveilig vir besoekers kan word as die planne voortgaan. Die Kango-grotte lok jaarliks sowat 300 000 toeriste, die helfte van hulle uit die buiteland, en hulle dra hier sowat R10 miljoen by tot die dorp se koffers. Mnr. André Heyl van Born Free Investment het gister bevestig dat die maatskappy van voorneme is om kalksteen op drie plase in die direkte omgewing van die Kango-grotte te ontgin. “Ons het in ’n plaaslike koerant kennis gegee van ons voorneme om prospekteergate met behulp van perkussiebore in die omgewing van Matjiesrivier (34RD), Voorbedagt (33RD) en De Cango (26RD) in die Oudtshoorn-distrik te boor.” Kalksteen word gebruik vir die vervaardiging van sement. Kalksteenbronne in Suid-Afrika is beperk en sement moet ingevoer word om in die produksiekapasiteit te voorsien. “Ons beoog om teen die einde van die maand ’n voorlopige omgewingsbestuursplan by die provinsiale minister van minerale en energie in te dien. “Ons moet eers ’n lisensie bekom om te prospekteer, maar het reeds met grondeienaars en mense op plase gepraat, sowel as die munisipaliteit en ander belangegroepe. Ons besef daar is omgewingsake wat baie aandag sal verg.” Mnr. Hein Gerstner, bestuurder van die Kango-grotte, het ernstige besware teen mynboubedrywighede in die gebied. “Die kalksteenbank wat hier bo die grondoppervlak uitsteek, is sowat 18 km lank en 8 km wyd.” Benewens die reeks Kango-grotte, waarvan nie almal oop is vir die publiek nie, is daar ook 30 “wilde grotte” in die kalksteenbank wat aan mekaar verbind is. “As daar aan die een kant geskiet word, gaan die aërodinamika en mikrokultuur binne-in die grotte verander.” Die mikrokultuur is verantwoordelik vir die groei van die gesteentes wat die grotte so uniek maak. Gerstner het onlangs die Batu-grotte in Maleisië besoek wat gesluit is omdat toegang te gevaarlik geword het nadat die kalksteenberg waarin dit geleë is, in ’n oopgroefmyn ontgin is. “Dieselfde kan hier gebeur en dit sal katastrofiese gevolge vir die Kango-grotte inhou.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|