Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Koetsjie-koei! Kyk net die ou kleintjie!
Jul 03 2008 10:37:35:097PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Ma se ou pokkeltjie. . . Die jongste lid van die Nasionale Dieretuin in Pretoria het gister, nadat sy aanvanklik baie skugter was, rustig saam met haar ma op hul werf rondgeloop. Foto: Alet Pretorius
Cilleste van der Walt


Op drie maande oud laat sy die skaal met haar koddige pokkellyfie van 20 kg kreun, maar vir haar ma sal sy altyd ’n dwergie bly . . .

Besoekers aan die Nasionale Dieretuin in Pretoria het gister vir die eerste keer dié dieretuin se jongste kleinding – ’n dwergseekoei – ontmoet.

Dié kalfie is op 29 Maart gebore, maar moes die afgelope drie maande in haar skuiling gehou word sodat haar gesondheid gemonitor kon word.

Dwergseekoeie is baie skaars en die dieretuinbeamptes wou eers seker maak dié kalf is sterk genoeg voordat sy dit in die buitelug waag.

Dwergseekoeie is alleenlopers en word hoofsaaklik in moerasagtige gebiede in Wes-Afrika aangetref.

Me. Angelin??é Cronje, woordvoerder van die dieretuin, sê dit is die tweede kalfie in tien jaar wat hier gebore is.

“Die kalfie is maar ’n skrale 20 kg en sal nog aan haar ma drink totdat sy ses maande oud is.”

Dié kalfie was gister baie bang vir die onbekende omgewing buite haar skuiling en wou eers nie uitkom nie.

Nadat die bewaarders en haar ma haar ’n bietjie aangepor het, het sy egter sommer gou sorgvry buite rondgestap.

’n Klomp kleuters wat gister by was om die jongeling vir die eerste keer te sien, kon byna nie hul opgewondenheid beteuel nie. Die seekoeitjie het is nog naamloos en moet wag totdat iemand haar deur die dieretuin se aannemingsprogram hul eie maak en ’n naam gee.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |