Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Duisende soek asiel by sentrum
Jul 03 2008 10:48:46:400PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Nagenoeg 6 000 desperate asielsoekers – hoofsaaklik van Zimbabwe – het gisteroggend na ’n vlugteling-ontvangsentrum in Johannesburg opgeruk om tydelike asielsoekerspermitte te kry.

Die polisie en veiligheidswagte het daarna die menigte onthutste buitelanders voor die kantoor van die departement van binnelandse sake naby Crown Mines in die suide van Johannesburg verjaag, en die kantoor is onmiddellik gesluit.

Die duisende asielsoekers, waarvan sowat 200 glo die vorige nag buite die ontvangsentrum geslaap het om só eerste in die ellelange tou te kan wees, het daarna druipstert ’n ent weg saamgedrom en is kort-kort nóg verder verjaag.

Verskeie van die buitelanders het hier aan Beeld vertel hoe hulle al weke, en sommige selfs maande, na die ontvangsentrum terugkeer om die noodsaaklike permitte te kry, maar telkens met leë hande moet terugkeer huis toe.

“Nou jaag hulle ons weg terwyl ons die papiere so nodig het. Anders word ons gearresteer en dan jaag hulle ons terug na Zimbabwe. En ek wil nie teruggaan daarheen nie,” het ’n ontstelde mnr. Musawakie Nkosi (29) aan Beeld gesê.

Mnr. Simbarashe Ncube (29) van Zimbabwe was gelukkig om wel ’n permit te kry. Hy probeer al sedert April.

Me. Siobhan McCarthy, departementele woordvoerder, het bevestig die getal besoekers aan die sentrum – die enigste van sy soort in Johannesburg – het die afgelope week “geweldig gestyg”.

“Met dié dat die getalle nou al sowat vier of vyf keer hoër as voorheen is, plaas dit ontsettende druk op die stelsel hier. Ons het net glad nie verwag dat daar gister so baie asielsoekers sou wees nie.”

Sy het gesê hulle het planne om die sentrum meer doeltreffend te maak. – Magdel Fourie


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |