Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Môre is maak of breek vir Hlophe by RDK
Jul 03 2008 10:48:45:240PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Philip de Bruin


Môre se vergadering van die Regterlike Dienskommissie (RDK) gaan ’n maak-of-breek-vergadering vir regter-president John Hlophe van Kaapstad wees.

Die RDK gaan dan ’n finale besluit neem of die konstitusionele hof se regters genoeg getuienis aan die kommissie voorgelê het om ’n formele ondersoek na “ernstige wangedrag” teen Hlophe te regverdig.

Die RDK sal ook besluit of die klagte van Hlophe teen die regters van die konstitusionele hof – en spesifiek hoofregter Pius Langa en adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke – voldoende is om ’n ondersoek te doen na growwe wangedrag deur dié hof se regters.

Die RDK sal voorts besluit of die publiek en veral die media toegelaat gaan word by sy sittings waar enige moontlike ondersoek na Hlophe en/of die konstitusionele regters gedoen sou word. En ook watter van sy lede voortaan sal deelneem “in alle of enige verdere” sittings rakende die “klagte-prosedure”. Volgens ’n RDK-verklaring sal môre se vergadering nié oopgestel word nie, “spesifiek nie vir die media nie”.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |