Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Mbeki, Kasrils bring
hulde aan Nhlanhla
Wyle mnr. Joe Nhlanhla, voormalige minister van intelligensie wat vandeesweek in Johannesburg dood is, kan allerweë beskou word as die argitek van die huidige geïntegreerde intelligensiediens in Suid-Afrika. Só het pres. Thabo Mbeki gister hulde gebring aan Nhlanhla (71), wat ná 1994 nou betrokke was by die integrasie en herrangskikking van die Nasionale Intelligensie-agentskap en die Geheime Diens. Daarvolgens is spioene uit die apartheidsbestel en die ANC saamgevoeg. Mnr. Ronnie Kasrils, minister van intelligensie, het gister gesê Nhlanhla het ’n beduidende rol gespeel om die dienste van hul bagasie uit die verlede te bevry. Hy het in verskeie hoedanighede in die ANC gedien. In Mbeki se huldeblyk noem hy Nhlanhla ’n “lojale patriot” wie se professionele loopbaan ontydig deur siekte kortgeknip is. – Erika Gibson
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|