Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Drie kinders sterf, ouers oorleef
Jul 04 2008 10:20:49:573PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Steenkamp-egpaar en hul kinders, wat al drie in 'n ongeluk gesterf het. Van links is Sanika, mnr. Danie en mev. Mandie Steenkamp, Marike en Daniël. Foto: Verskaf
Jackie Pienaar-Brink


Stellenbosch. – ’n Egpaar van die Paarl het al drie hul kinders in ’n ongeluk in die Vrystaat verloor.

Dit het eergisteraand, ten aanskoue van jare lange vriende, op die N5 buite Bethlehem in die Vrystaat plaasgevind.

Mnr. Danie (48) en mev. Mandie Steenkamp (46) is in die Hoogland Medi-Clinic in Bethlehem opgeneem en gisteroggend ontslaan. Al drie hul kinders is op slag dood.

Die oudste, Marike (19), was ’n BA-student in haar tweede jaar aan die Universiteit van Stellenbosch.

Haar sussie, Sanika (15), was ’n gr. 9-leerling aan die Hoër Meisieskool Paarl en die jongste kind, Daniël (12), was in gr. 7 aan die Privaatskool Simond in Simondium, Paarl.

In dié stadium probeer hul ouers nog die gebeure verwerk, het ds. Eddie Orsmond van die NG kerk Simondium gister gesê.

“Dis ’n geweldige getraumatiseerde groep mense.”

Die ander egpaar, wat gevra het dat hul name nie gepubliseer word nie, het gister in Reitz in die Vrystaat vertel dat die twee gesinne se vakansie om Lesotho gewentel het.

Hulle was van Bethlehem na die Golden Gate Nasionale Park op pad toe hulle omstreeks 22:00 verby die afdraai na Clarens gery het.

Hulle het afgetrek om om te draai.

Die Steenkamps se ?Toyota Prado was voor. Terwyl die Prado ’n U-draai gemaak het, het ’n aankomende vragmotor dit getref.

Die Steenkamp-kinders was volgens die vrou besig om saam met ’n CD te sing toe hulle gesterf het.

Die vragmotorbestuurder is nie ernstig beseer nie.

Die Steenkamps woon op ’n kleinhoewe in Simondium buite die Paarl. Die egpaar bedryf die onderneming Cape Basic Products, die hoofkantoor van 46 Savers’ Lane-winkels in die Wes- en Suid-Kaap.

Orsmond het hulle beskryf as ’n “wonderlike gesin, die absolute ruggraat van die gemeenskap”.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |