Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Prokureursorde se skeur ‘is oor ras’
Die prokureurorde van die noordelike provinsies (PONP) het middeldeur geskeur deurdat al die gekleurde verteenwoordigers hulle aan die organisasie onttrek het. Die orde bestaan sedert 1994 uit die tradisionele wit prokureurs (12 lede), die Black Lawyers’ Association (BLA, 6 lede) en die National Democratic Lawyers’ Association (Nadel, 6 lede). Die skeuring is gister beskryf as “suiwer rassisties geïnspireerd” en bewerings is gemaak die PONP se wit sektor weier om die BLA en Nadel as gelykwaardige vennote te aanvaar. Die skeuring kom nadat die BLA een van sy lede, me. M. Ramogaga, op die PONP se raad wou laat aanstel. Die PONP het geweier om die benoeming te aanvaar, hoofsaaklik omdat Ramogaga in die verlede aan tugondersoeke onderwerp is en op bepaalde klagtes skuldig bevind is. Sy is boetes van altesame R11 000 opgelê. Daar is aangevoer dat nog klagtes teen haar ondersoek word. Nog ’n rede waarom die PONP haar nie wou aanvaar nie, is omdat dié boetes maande lank uitstaande was en “nou skielik, toe haar benoeming verwerp is, betaal is”. Mnr. President Mnisi van die BLA, tot met die skeuring vise-president van die PONP, het bevestig dat die BLA hom geheel en al van die PONP distansieer weens die Ramogaga-insident. “Wat my betref, is dit ’n geval met sterk rasse-konnotasies. Me. Ramogaga lewer ’n groot bydrae tot die prokureursberoep en is onder meer tans voorsitter van die Gautengse Regsraad. Omdat die wit segment van die PONP weier om haar te aanvaar, het die BLA alle bande met die PONP verbeek. Nadel het uit solidariteit met die BLA dieselfde besluit geneem. “Daar is dus tans geen PONP nie. Ons sal druk op die minister van justisie toepas om wetgewing deur te voer wat die swart verteenwoordiging in die ordes versterk, óf die PONP se wit faksie moet tot sy sinne kom.” Mnr. Thinus Grobler, direkteur van die PONP, het bevestig die BLA het onttrek omdat die raad nie Ramogaga se aanstelling wou bekragtig nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|