Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Plat kar maak hom ’n Jesus-woordvoerder
Jul 17 2008 10:10:58:110PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 'Eerste berig vir goeienuus-boek'
  • 'Geloof' laat hom ongeluk oorleef
  • 'Ek is oukei' - ná hy uit plat motor klim
  • Leané du Plessis


    “Julle het my nou ’n 'celebrity' vir Jesus gemaak.”

    So het mnr. Absalom Morifi, die man wat wonderbaarlik ongeskonde is ná ’n kettingbotsing op die N1-hoofweg vroeër vandeesweek, gister aan Beeld gesê.

    Morifi is sedert eergister deur oproepe van mense, radiostasies en kerke oorval wat sy storie wil vertel.

    “Ek kry nogal baie oproepe; prys die Here,” het Morifi gesê terwyl hy op pad terug was van ’n video-opname met die Rhema-Bybelkerk in Randburg, waaraan hy verbonde is.

    Dié kerk gaan sy boodskap oormôre aan die res van die gemeente uitsaai, het Morifi gesê.

    Die 49-jarige Morifi het Dinsdagaand self uit sy voertuig geklim nadat ’n reuse-vragmotor sy motor platgeval het.

    Die konstruksievragmotor se remme het sekondes vroeër, tydens spitsverkeer, tussen die Buccleuch-wisselaar en die Rivonia-afrit op die N1-suid ingegee. Dit het 24 ander voertuie beskadig in die sowat 200 m wat dit verder gery het voordat dit bo-op Morifi se ligblou Jetta omgeval het, het mnr. Mark Stokoe, Netcare 911-woordvoerder, vroeër gesê.

    Ten spyte daarvan dat Morifi se voertuig byna onherkenbaar beskadig is, het hy nie eens ’n skrapie opgedoen nie.

    Morifi het die oggend van die ongeluk sy lewenspolis gekanselleer om die geld eerder aan die Here te wy.

    “Met my huidige uitgawes kon ek nie nog my tiendes ook betaal nie, al wou ek baie graag. Toe besef ek: Wil ek eerder in my lewenspolis of in God belê? Ek het God gekies – en Hy het my daarvoor geseën.”

    Benewens Rhema het Morifi ook al oproepe van onder meer Radio Kansel en Talk Radio 702 gekry, asook van twee pastore van kerke in Johannesburg wat hom genooi het om sy storie aan hul gemeentes te vertel.

    “Ek gaan soveel beskikbaar wees as moontlik, want ek wil God se storie vertel.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |