Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Stiefpa in hof oor hy drie glo molesteer
’n Stiefpa van drie het eergister in die Heidelbergse landdroshof verskyn nadat hy hulle glo jare lank gemolesteer het. Die man (38), ’n motorwerktuigkundige, het glo sy stiefdogters, onderskeidelik 23 en 19, en stiefseun (16) gemolesteer en glo vir hulle geld gegee om stil te bly. Insp. Christine de Beer, ondersoekbeampte, het gesê die man is op 7 Julie in hegtenis geneem nadat die polisie ’n week lank na hom gesoek het. Hy het dieselfde dag in die hof verskyn op twee aanklagte van onsedelike aanranding (van die 16- en 19-jarige kinders) en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. “ ’n Derde klag (van die 23-jarige) sal na verwagting binnekort bygevoeg word.” Die 19-jarige dogter het beweer sy is glo een keer, haar broer glo van verlede jaar en haar suster glo sowat drie jaar lank gemolesteer. Al drie ontvang tans berading. Die saak is tot 4 Augustus uitgestel. – Gloria Edwards
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|