Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Net ’n bietjie liefde – dit is al wat sy vra
Jul 22 2008 07:22:17:673PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hê my net lief, asseblief. Driepoot sit hier in die arms van me. Merinda Brits, stigter van Four Paws. Foto: Bongiwe Gumede
Magdel Fourie

Nadat haar tenger lyfie hard met ’n motor kennis gemaak het, is klein Driepoot nou beenaf en op soek na ’n huis.

Die dierewelsynorganisasie Four Paws het dié baba-basterbrakkie net meer as twee weke gelede met twee erg gebreekte agterbeentjies uit die Video Centre-plakkerskamp in Muldersdrift gered.

Dit nadat haar eienaar die organisasie se hulp tydens hul besoek aan die woongebied ingeroep het – en Four Paws die maer hondjie met haar verminkte beentjies in die man se agtertuintjie ontdek het, het me. Merinda Brits, stigter van die organisasie, gesê.

Sommer dieselfde aand al moes dr. Shelagh Hahn van die Blue Bush-dierekliniek in Bloubosrand, Johannesburg, die skaars drie maande oue hondjie se een beentjie amputeer, het me. Melanie Mulock-Bentley, Hahn se assistent, gesê.

“Die been was so sleg gebreek en besmet dat haar limfkliere soos gholfballe gestaan het. Haar voetbeentjies het sommer so deur die vel gesteek. Nogtans het ons gevoel daar is geen rede om haar uit te sit nie en het Hahn haar bes probeer om die hondjie se lewe te red deur die been te amputeer.” ’n Week ná die amputasie het Hahn ’n pen in die ander gebreekte agterbeen geplaas om dit te spalk.

En skaars ’n week later het Driepoot, soos Hahn haar liefdevol gedoop het, weer haar eerste dapper treë gegee, het Mulock-Bentley onthou.

By Beeld se besoek aan die dierekliniek waar Driepoot nog sowat ’n maand versorg moet word, het die brakkie lewendig op een beentjie rondgehop.

Net soms het sy weens uitputting die ander gespalkte been agter haar aangesleep.

“Sy’s net te pragtig. Ná alles wat sy al op so ’n jong ouderdom moes deurgaan, is dit fantasties watter goeie geaardheid sy het. Sy het nog nooit gebyt of eers gegrom nie,” het Mulock-Bentley vertel.

Brits het beaam hoe “vriendelik en verskriklik lief vir mense” die hondjie is.

Danksy die goeie reaksie van goedhartiges is Driepoot se operasiekoste gedek.

“Ons het nou net dringend ’n huis vir haar nodig.”

Brits het verduidelik indien iemand sou belangstel, kan Driepoot nou al aangeneem word – solank sy net weekliks ’n opvolgbesoek aan die dierekliniek bring. “Een ding is seker: Sy gaan nie terug van waar sy vandaan kom nie.”

Indien iemand sou belangstel om Driepoot aan te neem, kan hulle Brits by 083 377 3219 kontak.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |