Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Waar kry jy daardie kuif, mnr. Tarentaal?
Voëlkenners in Nelspruit is in rep en roer oor ’n skaars kuifkoptarentaal wat vir die eerste keer tot nog toe in die Laeveld opgemerk is. Dié kuifkoptarentaal het egter met ’n gebreekte been opgedaag en ’n noodoperasie is verlede week op hom uitgevoer om vir hom ’n staalpen in sy linkerbeen in te plant. Kuifkoptarentale kom nie in die Laeveld voor nie, maar is endemies aan die heel suidelike deel van die Swazilandse grens met KwaZulu-Natal en die Pafuri-gebied in die noorde van die Krugerwildtuin, sê mnr. Peter Lawson, bekende voëlkenner van die Laeveld. Die opwinding rondom Elvis, soos die kuifkoptarentaal intussen gedoop is, het verlede week begin toe mev. René Henning die vreemde voël in haar tuin by die gesogte Uitsiglandgoed in Nelspruit opgemerk het. Nadat sy die voël met ’n gesukkel gevang het, het sy gesien sy been is gebreek. Drs. Albertus Coetzee en Johan Viljoen, veeartse van die West Acres-dierekliniek, het besluit dat Elvis se been te ernstig gebreek was om net te spalk. Hulle het die been toe in ’n twee uur lange operasie met ’n staalpen en drie binddrade geheg. “Die grootste probleem – en gevaarlikste deel van die operasie – was om die voël onder narkose te hou. “Omdat dié soort voël so sensitief is, moes ’n spesiale gasmengsel gebruik word,” vertel Viljoen. In die Henning-huishouding was dit ’n geskarrel van ’n ander aard soos daar haastig ’n nuwe hok vir Elvis aanmekaar getimmer is. Volgens Coetzee is toestemming van die Mpumalanga-parke-en-toerisme-agentskap (MPTA) verkry om die voël voorlopig aan te hou totdat die skelrooi spalk wat die gebreekte been nou ondersteun, verwyder is. Daarna moet die voël vrygelaat word. “Ek is al jare lank betrokke by voëlkyk in die Laeveld en het nog nooit ’n kuifkoptarentaal hier gesien nie,” sê Lawson. Hy sê daar word nou intens navorsing gedoen oor waar die voël moontlik vandaan kom. “Ons is nie bewus van enigiemand in die Laeveld wat dié soort voel in aanhouding het nie.” Intussen sterk Elvis fluks by sy pleegouers aan. “Hy vreet en pik en baklei dat die biesies bewe,” sê Coetzee. bviljoen@beeld.com
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|