Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kragloos ná dief toring laat omval
Durban. – Duisende inwoners en ondernemings in die suide van die stad gaan dae lank sonder krag wees nadat ’n kragtoring vir hoogspanningsdrade gisteroggend deur die toedoen van ’n metaaldief omgeval het. Die toring, wat 132 kV-kabels tussen die substasies by Lotus Park en Isipingo gedra het, het gister om 10:52 omgeslaan omdat die boute van drie van die pote gesteel is, het mnr. Tony Dold van die eThekwini-munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling gesê. Die oorblywende poot het afgebreek en die toring laat omkantel. ’n Verdagte is op die toneel aangekeer. “Dit wil voorkom of die man agter die metaal aan was waarvan die toring gemaak is. Van die boute was uitgehaal en hy wou dalk ook van die sparre steel,” het Dold gesê. Ondersoekbeamptes van die munisipaliteit het gister leidrade opgevolg om die skuldiges aan die pen te laat ry. Prospecton, Isipingo en omliggende gebiede is as gevolg van die ongeluk sonder krag. Noodspanne gaan onverpoosd werk om weer ’n toring op te rig en die kragtoevoer te herstel, maar dit neem gewoonlik ’n week om ’n toring en geleiers op te rig. Ten beste sal dit dae lank neem om die kragtoevoer te herstel, het Dold gesê. – Dries Liebenberg
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|