Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


64 gearresteer oor chaos by Volksrust
Jul 22 2008 08:22:12:140PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Carla van Niekerk

Die polisie het gister 64 mense in Vukuzakhe buite Volksrust in hegtenis geneem ná ’n onwettige betoging eergister wat handuit geruk het.

Supt. Abie Khoabane, polisiewoordvoerder, het gesê die inwoners is gearresteer op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

Dit kom nadat betogers in dié woonbuurt drie huise en ’n kroeg tydens hul betoging aan die brand gesteek, ’n stilstaande polisievoertuig omgekeer en ’n polisieman met ’n klip gegooi het.

Die polisie het die situasie later Maandag onder beheer gehad nadat hulle rubberkoeëls geskiet het om die groepe uitmekaar te jaag.

Khoabane het gesê sowat 200 inwoners het gisteroggend in die hoofstraat byeengekom en gesê hulle wil deur ’n afgevaardigde van die provinsiale regering toegespreek word.

Die inwoners is ontstoke oor die verhoogde munisipale tariewe en omdat daar glo nie met hulle gekonsulteer is nie.

Mnr. Ntime Skhosana, woordvoerder van premier Thabang Makwetla van Mpumalanga, sê Makwetla het Vrydag die betogers se memorandum ontvang.

Volgens hom het Makwetla me. Candith Mashego-Dlamini, die LUR vir plaaslike regering en behuising, en mnr. Siphosezwe Masango, die LUR vir veiligheid en sekuriteit, gister na Vukuzakhe gestuur.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in Volksrust se landdroshof verskyn.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |