Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Inwoners frons oor loerhokkies by sekswinkel
Jul 23 2008 06:47:45:890AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jackie Kruger

George. - 'n Sekswinkel langs 'n kafee in die dorp het die wind van voor gekry oor planne om 'n teater en besig?tigingshokkies hier in te rig.

Volgens me. Iona Kritzinger, 'n inwoner wat skuins oorkant die winkel in Merrimanstraat woon, hoort 'n sekswinkel nie in 'n woonbuurt nie.

Die George-munisipaliteit het die sekswinkel se aansoek om afwyking afgekeur, maar die Adult World Group, wat die winkel in 2005 gekoop het, het appèl aangeteken ingevolge artikel 44 van die ordonnansie op grondgebruik?beplanning, 1985.

Dit kom nadat 'n sakelisensie wat aan die vorige eienaar toegeken is, ingevolge wetgewing nie aan die huidige eienaars oorgedra kan word nie. Hulle moes weer aansoek doen, en wou ook die teater en besigtigingshokkies inrig, wat hersonering sou meebring.

Meer as 200 inwoners het Kritzinger se versoekskrif teen die sekswinkel se planne onderteken.

In sy appèl voer Adult World aan dat die perseel onder meer geleë is in 'n gebied wat al hoe meer vir sakedoeleindes gebruik word.

Hoewel daar talle gevestigde ondernemings in die straat is, meen Kritzinger dié siening strook nie met talle hoëdigtheids- residensiële ontwikkelings wat hier in aanbou is nie.

Inwoners is ook bekommerd oor skoolkinders, onder meer van 'n nabygeleë voorbereidingskool, wat elke dag by die winkel verbyloop.

Kritzinger het reeds vertoë oor die appèl aan die direkteur van grondontwikkelingsbestuur in Kaapstad gerig.

Eienaars van ondernemings is ook bekommerd dat die omgewing mettertyd in 'n rooiligdistrik kan ontaard.

Volgens Kritzinger was daar reeds vroeër 'n insident op die erf waar die sekswinkel geleë is, waar 'n hawelose man glo 'n vrou wou verkrag.

"Prostitute begin reeds om laer af in Markstraat (wat Merriman?straat kruis) te beweeg om hul

kliënte te ontmoet," sê Kritzinger. Volgens haar maak manlike besoekers aan die sekswinkel dikwels "beledigende" opmerkings teenoor vroue wat verbyloop.

"Die meeste mans maak gewoonlik asof hulle op pad is na die kafee, maar glip dan in by die sekswinkel se ingang, wat aan die agterkant van die gebou sit."

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |