Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Staking kan Jhb tot stilstand bring
Die Johannesburgse middestad kan vandag tot stilstand kom wanneer die vakverbond Cosatu met sy beplande staking voortgaan. Meer as 15 000 mense word by die optog verwag, het mnr. Siphiwe Mgcina, provinsiale sekretaris van Cosatu, gister gesê. Teen omstreeks 11:00 het tussen 11 000 en 15 000 mense reeds op Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad byeengekom, berig Aldi Schoeman.Die metropolisie het meer amptenare op 'n gereedheidsgrondslag geplaas as waarvoor aanvanklik beplan is omdat hulle nie meer as 10 000 mense by die optog verwag het nie. Weens die staking gaan alle metrobusse ook vandag stilstaan, het die Johannesburgse stadsraad gister aangekondig. Volgens Mgcina is die meeste ondersteuners van Cosatu in Gauteng. Die meeste van die vakverbond se affiliate, waaronder onderwysers-, gesondheids- en munisipale vakbonde, gaan aan die optog deelneem. Dit is die derde staking binne drie weke wat Cosatu gaan hou as deel van ’n reeks stakings om teen onder meer die koste van elektrisiteit te betoog. Dié vakverbond het onlangs toestemming gekry om ’n “maatskaplik-ekonomiese” staking van stapel te stuur. Dit het gevolg op aanvanklike ontevredenheid oor moontlike werkverliese in veral die mynbousektor nadat die kragkrisis in Januarie ontstaan het. Mettertyd het voedselinflasie, rentekoersverhogings, elektrisiteitstariewe en gevalle van prysknoeiery ook in die vakbonde se visier beland. Ter voorbereiding op die staking het die Metrobus-bestuur gister alle passasiers gewaarsku om eerder van alternatiewe vervoer gebruik te maak. Skoolbusse en busse wat in die middel van die oggend en vroeg in die middag ry, sowel as die oggend- en middagspitstye, gaan ontwrig word. “Daar sal ’n groot metropolisieteenwoordigheid wees. Die metropolisie gaan verkeer wegwys soos die optog deur die strate voortgaan,” het hoofsupt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie gesê. Vandag se staking sal die kernpunte van veral Suid-Afrika se mynbousektor in Limpopo, Noordwes en Gauteng insluit.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|