Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Grens-slagoffers se vroue
by Vryheidspark vereer
Ten spyte daarvan dat die name van soldate wat in die apartheidsjare in die Grensoorlog gesneuwel het, nié op die Vryheidspark in Pretoria se Muur van Name verskyn nie, gaan die vroue in die lewe van dié afgestorwe soldate op Vrouedag vereer word. “Op Vrouedag (9 Augustus) gaan ons ’n kransleggingsplegtigheid ter ere van die vroue in die lewe van die SAW-soldate, wat in die Grensoorlog dood is, hou,” het me. Ilse Posselt, Vryheidspark-woordvoerder, in ’n verklaring gesê. “Vroue sal insluit ma’s, vrouens en dogters van dié voormalige soldate. “Die plegtigheid word gehou met slegs hulle in gedagte en dit is ons doel om aan hulle hulde te bring. “Ons hou ’n ontbyt gevolg deur ’n program wat ’n kranslegging sal insluit. “Ons bring ook ’n boek uit met die name van al die soldate wat gesterf het met ’n plekkie vir elke vrou om ’n boodskap te skryf as sy wil.” Dr. Wally Serote, Vryheidspark-hoofbeampte, het einde 2006 ’n storm ontketen toe hy aangedui het dat Suid-Afrikaanse soldate wat in die apartheidsjare in die grensoorlog dood is, nie in aanmerking sal kom vir die park se Muur van Name nie. “Duisende Afrikaners wat in die Anglo-Boereoorloog en in die Wêreldoorloë dood is, se name word wél op die muur aangebring,” het Serote gesê. Volgens hom is die persepsie dat die Afrikaner, of wit mense, se geskiedenis doelbewus so misken word, ongegrond. Posselt het gesê dat die Vrouedag-geselligheid nie as ’n einddoel nie, maar eerder as die begin gesien moet word van ’n proses om tóg hulde aan dié soldate te bring. “Ons doel met dié dag gaan eenvoudig wees om hulde te bring aan hierdie vroue.” Die park het ’n databasis van bykans 3 000 soldate wat in Angola en Namibië in die grensoorlog gesneuwel het. “Ons probleem is egter dat, hoewel ons ’n lys kan opspoor van die gesneuwelde soldate, omtrent al die kontakbesonderhede oud en dus onbruikbaar is,” het Posselt gesê. “Ons vra dus dat enigiemand wat ’n geliefde op die grens verloor het, asseblief vir Samantha Swart by 012 470 7433 of by 071 569 0029 sal bel.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|