Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
'Álmal deel hierin'
njackson@beeld.com Herlewing is nie net vir wit mense nie. Dit is past. Steven Temeki van die NG gemeente Moreletapark se vinnige antwoord– nog voordat ’n mens hom kan vra oor die feit dat die meer as 70 000 mense wat Saterdag op Loftus saamgetrek het om Jesus te aanbid, byna almal wit was. Ons gesels in die paar minute voordat hy sy weeklikse Shining Light Revival-diens vir tuinwerkers, huishulpe en werklose swart mense van die omgewing hou. Hy self was nie Saterdag op Loftus nie, maar wel vroeër vanjaar by die evangelis mnr. Angus Buchan se Mighty Men Conference buite Greytown. Buchan is volgens hom deur die Here geroep met ’n spesiale doel. Veral boere vind baie aanklank by wat hy sê. Maar Temeki sê daarmee nié dat Buchan geroep is om net vir wit mense te preek nie. In KwaZulu-Natal, waar Buchan woon, pak die swart mense stadions vol om na hom te luister, sê Temeki. Hulle noem hom daar die “Mfundisi (prediker) wat in die berge bid”. Ook elders gaan swart mense in groot getalle na godsdienstige byeenkomste toe. “Herlewing beweeg volgens God se wil,” verduidelik Temeki. “God kyk nie na kleur nie.” Die dienste waarmee hyself meer as ’n jaar gelede begin het, wil dié herlewing ook verder versprei. Me. Diana Rabie, kommunikasiebeampte van die Moreletaparkgemeente, sê hulle vra lidmate daarom om hul werkers op ’n Woensdagoggend kerk toe te bring vir dié dienste. Gister het mnr. Riaan van Zyl, ’n verfkontrakteur, presies dit gedoen. Hy beskou dié deel van ’n Woensdagoggend as “die Here se tyd, nie my tyd nie”. Die Here gee vir hulle die werk, hulle moet aan Hom teruggee, verduidelik hy. En soos met die herlewing wat uit die groot massabyeenkomste spruit, hoor ’n mens ook getuienis oor die effek van Temeki se dienste. Die twee van sy werkers van wie hy dit die minste verwag het, sê Van Zyl, het tot bekering gekom. Hulle drink nie meer nie en hulle rook nie meer nie. Ook Temeki sê hulle sien baie resultate.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|