Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Jake White spin klaar weer sy rugbyweb
Jul 23 2008 11:00:19:663PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Oud-Springbokafrigter Jake White. Foto: Nardus Engelbrecht
Magdel Fourie


Die oud-Springbokafrigter Jake White is weer hard aan die rugbypraat – maar dié keer van die veld af op sy eie YouTube-kanaal.

Die kanaal Jake White TV, asook die Jake White Blog, is gister amptelik in Johannesburg bekend gestel.

Dit is om hom “die geleentheid te gee om binne rugby te bly en waarde toe te voeg tot die land se rugby-afrigting”, het White gesê.

’n Halfuur nadat Jake White TV lewendig gemaak is, het 20 webreisigers dié kanaal reeds besoek. Teen gistermiddag het dit na sowat 200 gestyg.

White het gesê hy glo werklik dit kan ’n “massiewe” verskynsel word, juis omdat rugby so ’n wêreldwye spel is en soveel aanhang in Suid-Afrika geniet. “Hierdeur kan ek as oudafrigter van my sienings met mense deel en ander help om hul kennis van rugby te verbreed.

“Dit kan ’n ongelooflike hulpmiddel vir afrigters wees. Afrigters van oor die wêreld, wat skoolafrigters insluit, kan daarop hul afrigting-idees en kennis met mekaar uitruil. En hoe meer idees, hoe sterker kan rugby in Suid-Afrika nog word.”

Hy het die voorbeeld genoem van mense wat oor ’n braaivleisvuur rugby-geselsies aanknoop en hulle in ’n stryery bevind.

“Dit is dikwels omdat niemand hulle help om te verstaan hoe tegnies rugby werklik is nie. Nou is dié ’n medium waardeur ek met mense kan praat en my sienings en insigte met hulle deel.”

Hoewel hy steeds bemarkingshoof van die telekommunikasiegroep Richmark Holdings Group is, het hy homself voorgeneem om die inhoud van die twee webtuistes so gereeld moontlik op te dateer.

Maar, het hy uitdruklik gesê, die inhoud daarvan sal positief wees – nie sensasioneel en afbrekend nie.

“Ek is so moeg om te luister na hoe negatief Suid-Afrikaners oor ons land se rugby kan wees. Eintlik is daar te veel negatiwiteit oor alle dinge in Suid-Afrika,” het hy besin.

Op ’n meer persoonlike noot het White erken hy mis sy betrokkenheid by rugby. “Ek mis die spelers, die gees en die wengevoel. Rugby is maar doodgewoon net in my bloed. Tog is ek nie spyt ek is nie meer afrigter van die Springbokke nie. Ek gun almal wat nou betrokke is, dit wat hulle kry.”

Hy glo veral dat as hy steeds die na-sionale afrigter was, hy “te krities” sou gewees het en moontlik vergelykings sou tref tussen nou en die verlede.

En ja, hy was maar jaloers toe die Bokke die Kiwi’s in Dunedin wen, want “dit is die een ding wat ons nooit kon vermag toe ek afrigter was nie”.

Tog is sy hartswens dat die Springbokke die wêreldkampioene sal bly.

“Die span het so hard gewerk om daar te kom. Hulle moet nou net ewe hard werk om daar te bly.”

  • Besoek White se YouTube-kanaal by www.youtube.com/jakewhitetv, en sy blog by jakewhiterugby.blogspot.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |