Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Aantal wit armes in SA neem in 4 j. met 58% toe – Solidariteit
Die aantal wit mense wat geen toegang tot behuising het nie, het tussen 2002 en 2006 met 58% toegeneem. Luidens ’n verslag van Solidariteit oor wit armoede in Suid-Afrika kan net 54% van wit mense ’n huis van meer as R200 000 bekostig. Dié verslag word vandag aan mnr. Jacob Zuma, ANC-president, oorhandig wanneer hy die informele nedersetting Bethlehem in die noorde van Pretoria gaan besoek. Zuma het vroeër vanjaar beloof om na dié gemeenskap terug te keer om hul probleme aan te pak. Verskeie ministers en hooggeplaaste amptenare sal hom na verwagting vergesel. Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het gister gesê pres. Thabo Mbeki se Twee Nasie-toespraak het die mite laat posvat dat wit armoede in Suid-Afrika nie bestaan nie. “Die afgelope tien jaar was wit armoede ’n stille armoede. Ons vertrou dat mnr. Zuma die stilte finaal sal breek deur self by die probleem betrokke te raak,” het Buys gesê. Luidens die verslag het die getal wit mense wat geen toegang tot behuising het nie, van 83 000 in 2002 na 131 000 in 2006 toegeneem. Strukture in agterplase het van 36 000 na 54 000 toegeneem en daar word verwag dat dié getal, ondanks die afname in die bevolkingsgetal van wit mense, jaarliks met 7 500 eenhede sal toeneem. Vanaf 2001 tot 2006 het die aantal lae inkomste huishoudings met 37 000 toegeneem. Die aantal middelinkomstehuishoudings het in dieselfde tyd met 173 000 afgeneem, terwyl dié in die hoëinkomstehuishoudings met 209 000 toegeneem het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|