Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Sowat 25 000 by Cosatu-optog
Jul 23 2008 10:27:48:880PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Duisende mense betoog gister in Johannesburg teen die stygende pryse van brandstof, kos en elektrisiteit.Foto: Felix Dlangamandla
Verwante Berigte
  • Boere, help dat voedsel minder kos, vra Cosatu
  • André Damons en Aldi Schoeman


    Dit is ons laaste hoop en dit móét net werk.

    Só het talle betogers teen stygende pryse gister in die Johannesburgse middestad gesê.

    Die optog, wat deur die vakverbond Cosatu gereël is, was een van die grootste optogte tot nog toe in die middestad, het hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, gister gesê.

    Sowat 25 000 mense het opgedaag.

    Dit was meer as dubbel soveel as wat die metropolisie verwag het.

    Aanvanklik sou 80 metropolisiebeamptes diens doen.

    Nog 80 is bygeroep toe hulle sien hoe groot die betoging word, het insp. Edna Mamonyane, metropolisiewoordvoerder, gesê.

    Die betogers het van die Beyers Naudé-plein gestap en ’n memorandum by die Eskom-kantore en die departement van plaaslike regering gaan aflewer.

    Mnr. Petrus Mashishi, president van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie, sê die opkoms reflekteer hoe groot mense se kommer oor kwessies soos die stygende pryse van kos, elektrisiteit en brandstof is.

    Me. Numanso Ndlovu (56), ’n fabriekwerker van Vereeniging, het gesê sy hoop die optog wys vir die regering hoe mense ly.

    “Ons kry swaar, want pryse gaan op,” het sy gesê.

    Ndlovu verdien ongeveerR2 000 per maand en moet twee kinders onderhou.

    Sy bestee sowat R720 aan vervoer na Johannesburg, waar sy werk.

    “Alles word duurder. Ek het verlede jaar R500 per maand aan kos bestee, maar nou hou R500 se kos nie meer tot die einde van die maand nie,” het me. Ellen Ketura (58), ’n skoonmaker en ma van drie kinders, gesê.

    Van die R2 000 wat sy per maand verdien, hap vervoerkoste R400 weg.

    Me. Maria Tshabalala (39), haar twee broers en haar 18-jarige seun, almal werkloos, bly saam met haar ouers in Soweto.

    Al sewe is afhanklik van haar ?ouers se pensioen, wat saam R1 880 per maand bedra.

    Veral die hoë prys van brood pla Tshabalala, omdat dít die grootste deel van hul dieet uitmaak.

    Me. Gladys Noko (48), van Vosloorus by Boksburg aan die Oos-Rand, bly saam met haar dogter en twee kleinkinders van onderskeidelik tien en ses en leef van haar skoonseun se fabrieksalaris.

    “Maar wat kan ’n mens met R3 000 ’n maand doen?”

    As die geld te min is, kan die familie en bure ook nie help nie, “want almal sukkel nou”.

    Mnr. Loyiso Manyala (35), wat in ’n fabriek in Nigel R3 400 per maand verdien, sê sy “inkopiesak is nou baie kleiner as verlede jaar”, maar kos dieselfde.

    Manyala, van Springs, het drie kinders van onderskeidelik nege, agt en vyf jaar oud.

    Met sy salaris kan hy sy gesin onderhou, maar “wat dit moeilik maak, is al die werklose mense wat rondom my bly en ook wil geld hê,” sê hy.

    In die memorandum eis Cosatu onder meer dat werkers nie weens kragonderbrekings afgedank moet word nie.

    Hulle eis ook dat die koste van elektrisiteit vir armes laag gehou word.

  • Sapa berig sowat 8 000 mense het vir die Cosatu-protesoptog in Rustenburg in die Noordwes-provinsie opgedaag.

    Ook in die Oos-Kaap en Limpopo was daar betogings.

    Meeste voel só

    Lede van Cosatu het rede om te staak, sê die navorsingsgroep Ipsos Markinor in sy jongste navorsingsverslag.

    Luidens ’n verklaring het hul navorsing getoon Suid-Afrikaners word vinnig armer.

    Mense se inkomste het tussen Mei 2007 en Mei 2008 gemiddeld met slegs 12% gestyg, terwyl kospryse met 16,8% gestyg het. Petrolpryse het in dieselfde tydperk met 35,6% en rentekoerse met 20% gestyg.

    Dit beteken Suid-Afrikaners is in reële terme baie slegter daaraan toe as dieselfde tyd verlede jaar.

    Markinor het ook tydens sy halfjaarlikse navorsing oor mense se waarnemings van die regering bevind Suid-Afrikaners voel oor die algemeen ewe sterk oor die brandpunte wat Cosatu aangeraak het.

    Net 27% het gemeen die regering doen genoeg om stygende lewenskoste te beheer, terwyl 21% tevrede is met die regering se hantering van die elektrisiteitskrisis, 12% met sy hantering van die stygende petrolprys en net 5% met sy hantering van die stygende kospryse.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |