Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Iemand’ het mes geslyp vir polisielid wat f-woord sê
Die offisier van die polisie in die Vrystaat wat voor ’n meer senior offisier gevloek het, is nou daaroor amptelik uit die polisie ontslaan nadat die provinsiale kommissaris dié straf wat hy in ’n interne tugverhoor opgelê is, bekragtig het. Ontstelde polisiemanne het gister gesê daar sit méér agter die ontslag van supt. Gary Wrensch van die provinsiale inligtingstelselbestuur as net die f-woord wat hy voor sy regstreekse hoof, sr.supt. Alfred Mokalake, gebruik het. Supt. Sam Makhele, waarnemende provinsiale skakelhoof, het bevestig komm. Amos Mashigo het Wrensch se ontslag ’n week gelede voor ’n tugverhoor bekragtig. Van die polisie se kant gesien, is hy nie meer in die diens nie. Adv. André Gerber, regsadviseur van die Suid-Afrikaanse Polisie-unie in die Vrystaat, die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal, het vroeër gesê hy het kennis gegee dat Wrensch teen sy “skokkend onvanpaste straf” gaan appelleer. Makhele het gesê as Wrensch appèl aanteken, is hy geskors, sonder salaris en voordele, hangende die uitslag van die appèl. Polisielede sê egter as elke polisieman wat voor sy senior vloek, ontslaan sou word, gaan daar nie meer polisielede oor wees nie. Van hulle bespiegel dat “iemand” sy mes vir Wrensch geslyp het omdat hy nie altyd met die stroom saamgaan nie en sy mond oopmaak as hy verskil. Ander meen weer ’n grief wat Wrensch teen ’n ander offisier ingedien het, kon tot sy ontslag bygedra het. Van hulle beweer ook een van die klerke wat hy verkla het, is ’n familielid van iemand in die kantoor van die LUR vir veiligheid en sekuriteit. Hulle kon egter nie name van dié mense verskaf nie. Wrensch is bekend vir sy behulpsaamheid aan polisielede met die rekenaarstelsel wat die polisie in die Vrystaat gebruik en het ’n groot bydrae gelewer in die inwerkingstelling daarvan. Hy word as baie knap in sy werk beskou.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|