Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Talle sonder heenkome ná brand
Jul 23 2008 10:27:47:253PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Inwoner van die Krugerpark-woonstelblok stap in die pad voor die gebou terwyl inwoners wag om hul mees noodsaaklike besittings onder metropolisiebegeleiding te verwyder. Foto: Leon Botha
Verwante Berigte
  • Polisie fynkam die gebou
  • 'Raad se plig om haweloses te huisves'
  • 3 in hof oor moord, brandstigting
  • Beeld-lesers is ons oë en ore
  • Hoofartikel: Tragedie
  • Waentjie beperk aanvanklike skade
  • 'Eer om jul baas te wees'
  • 'Daar is bloed op dr. Gwen se hande'
  • Hilda Fourie


    Honderde mense het gister buite die Krugerpark-woonstelblok in die Pretoriase middestad gesit en wag om in hul woonstelle toegelaat te word nadat ’n brand eergister in dié woonstelblok uitgebreek het.

    Die meeste van die inwoners met wie Beeld gister gepraat het, het gesê hulle het die afgelope twee aande by vriende en familie slaapplek gekry. Sowat 250 mense is deur die Tshwane-metroraad by die Pretoria-Noord-stadsaal gehuisves.

    Inwoners van die eerste twee verdiepings van dié woonstelblok is gisteroggend vroeg toegelaat om hul mees noodsaaklike besittings bymekaar te maak.

    Die res moes sit en wag totdat die polisie se ter plaatse ondersoek afgehandel is.

    Supt. Julius Johnson van die Tshwane-metropolisie het gesê die metropolisie sal aanhou om mense na hul woonstelle te neem totdat almal hul goed bymekaar gemaak het.

    Weldoeners het brood en konfyt en lemoensap aan die inwoners gegee terwyl hulle gewag het.

    Die polisie se forensiese eenheid het gisteroggend dié 32-verdieping-gebou verdieping vir verdieping gefynkam oor die ontstaan en oorsaak van die brand. ’n Snuffelhond van die polisie se honde-eenheid wat daarin spesialiseer om te bepaal waar en waarmee ’n brand begin is, is onder meer die gebou ingestuur.

    Vyf mense, onder wie ’n paar maande oue baba, is dood.

    Mnr. Aubrey Ramotlhale, voorsitter van die Schubartpark- en Krugerpark-inwonerskomitee, het gesê die inwoners is baie dankbaar vir die alternatiewe verblyf wat die Tshwane-metroraad by die Pretoria-Noord-stadsaal aan hulle verskaf het.

    “As dit nie daar was nie, waar sou ons ’n heenkome gekry het?” het Ramotlhale gevra.

    Volgens hom is die inwoners van Schubartpark- en Krugerpark besig om te rou, veral oor die dood van die baba.

    “In ons harte huil ons,” het hy gesê.

    “Die persoon wat dit (die brand) gedoen het, moet aan die pen ry.”

    ’n Inwoner wat anoniem wou bly, het gesê die bloed van die vyf oorledenes is aan die hande van dr. Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metroraad.

    Volgens dié ooggetuie, wat 72 jaar oud is en al die laaste sewe jaar in Krugerpark bly, het dié woonstelblok net die laaste paar jaar so agteruitgegaan.

    “Hierdie was ’n vyfsterplek waar hooggeplaaste staatsamptenare en selfs oudmin. Pik Botha se skoonma gebly het,” het die ooggetuie gesê.

    Volgens die ooggetuie het die plek begin agteruitgaan toe die Housing Company Tshwane, wat aan die metroraad behoort, die bestuur van die woonstelblok ’n paar jaar gelede oorgeneem het.

    Sedertdien werk die hysbakke nie en is daar nie brandslange, brandblussers of ’n openbare telefoon nie.

    “Die Housing Company Tshwane en die burgemeester is medepligtig aan wat hier gebeur het,” het die ooggetuie gesê.

    “Hulle het toegelaat dat die plek so agteruitgaan.

    “Die brandweer het die gebou twee jaar gelede onveilig verklaar.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |