Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Foto's van vermoorde Polokwane-man se lyk ontstel kinders mlouw1@beeld.com Polokwane (Pietersburg). – Foto’s van die erg ontbinde lyk van hul pa op die voorblaaie van twee plaaslike koerante het die reeds getraumatiseerde jong kinders van ’n vermoorde plaaslike sakeman nog verder geskok. Me. Mariaan Bresler, prokureur van mev. Sanet Bruton (30), het gesê die tienjarige seun en sewejarige dogter van mnr. Wayne Bruton (29) was reeds erg geskok ná sy dood en ook die inhegtenisneming van hul ma weens die moord, toe hulle vandeesweek die foto’s op die plaaslike gemeenskapskoerante se voorblaaie gesien het. Die twee kinders ontvang berading by ’n pastoor. Hulle het ook ’n drie maande oue sussie. Mev. Bruton, wat vroeër die week in die Polokwane-landdroshof verskyn het, was glo net so getraumatiseer toe sy die gru-foto’s op die koerante se voorblaaie gesien het. Die foto’s wys hoe polisielede die erg ontbinde lyk uit die vlak graf haal en op ’n draagbaar tel. Die lyk van Bruton, wat op 24 Junie verdwyn het, is Saterdag in die vlak graf by ’n huis in Se-shego gevind. Hy was ’n eiendomsontwikkelaar en mede-eienaar van W&S Property Developers. Sy vrou is ook ’n eienaar. Mnr. Solomon Shadung (28), ’n werknemer van Bruton, het glo die graf en lyk aan die polisie gaan uitwys. Die huis in sone 71 in Seshego behoort glo aan hom. Hy is reeds twee weke op ’n ontvoeringsklag in aanhouding. Shadung gaan Vrydag ook op ’n aanklag van moord in die Polokwane-landdroshof verskyn. Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê tans is dit slegs mev. Bruton, haar pa, mnr. Hermanus Phillipus Niemann (58), en Shadung wat met die moord op mnr. Bruton verbind word. Hoewel die polisie gesê het ’n eiendomsagent is ook betrokke, is daar nie nou sprake daarvan nie, het Otto gesê. Mnr. Robert Munyia, Shadung se prokureur, het gesê hy gaan môre namens sy kliënt om borgtog aansoek doen. Mev. Bruton en haar pa is Maandag elk op R3 000 borgtog vrygelaat. Hulle is Saterdag, kort nadat Bruton se lyk gevind is, in hegtenis geneem. Die Bruton-familie hou vol dat mev. Bruton en haar pa nie betrokke was by die moord nie. Mev. Bruton het sedert haar man verdwyn het, self na hom help soek. Sy moes ook doktersbehandeling weens erge trauma en stres ondergaan. Geen begrafnisreëlings is nog vir mnr. Bruton getref nie. Die lykskouing wat die oorsaak, tyd en datum van van sy dood sal bepaal, moet nog gedoen word.
|
|
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|