Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Man skiet twee rowers dood toe hulle sy vrou wil kaap
Jul 23 2008 11:00:09:177PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Durban. – ’n Man het gister twee rowers doodgeskiet toe hulle probeer het om sy vrou se motor in ’n voorstad van Pinetown te kaap.

Die vrou het haar dogter by haar skoonouers se huis in Vivianweg opgelaai, het insp. Solomon Mbele, polisiewoordvoerder, gesê.

Die meisie het in die oprit afgestap na haar ma se motor toe twee mans te voorskyn gekom en haar ma beveel het om uit te klim.

Die kind het gegil, omgespring en die huis ingehardloop met een van die kapers op haar hakke.

Haar pa, wat ten tyde van die voorval by die huis gekuier het, het met ’n vuurwapen in die hand op die stoep uitgekom, het Mbele gesê. Die man het die kaper wat agter sy dogter aangehardloop het, gekonfronteer en hom doodgeskiet.

Hy het ’n tweede skoot op die ander kaper gevuur, wat die man sy wapen en die vrou se handsak laat val het. Die kaper het in ’n Volkswagen Polo gespring wat op daardie oomblik opgedaag het, het Mbele gesê.

Die tweede kaper se lyk is ’n ruk later in die nabygeleë woonbuurt Mariannhill gevind waar sy makkers hom vermoedelik uit hul motor gegooi het. Hy was in die maag gewond en was reeds dood. Een van die slagoffers het hom as een van die kapers uitgeken, het Mbele gesê.

Sowat 2 km van Vivianweg het ’n ander gesin ook gister onder kapers deurgeloop.

’n Man (57) is in die oprit van sy huis in Bohmerweg, New Germany, deur twee kapers oorval.

Volgens Mbele het die man aan hulle sy BMW se sleutels gegee, maar hulle gevra om sy vrou en drie kinders toe te laat om uit die motor te klim.

Die kapers het die gesin laat gaan, maar is deur lede van die polisie se eenheid teen taxigeweld betrap toe die kapers wou wegry.

Die polisiebeamptes het verbygery net toe die kapers die oprit wou verlaat.

Een van die kapers het die polisie se bevel gehoorsaam om uit te klim, maar sy makker het weggejaag.

Die tweede kaper is uiteindelik ná ’n wilde jaagtog op die hoek van Otto Volekweg en die Dinkelman-hoofweg aangekeer. – Sapa


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |