Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Sy trotseer vlamme in poging om diere te red
Jul 23 2008 10:27:37:613PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Richard Chipps van Vanderbijlpark met die katjie wat die brand oorleef het. Foto: Sonja van Buul
Sonja van Buul


Vanderbijlpark. – Mev. Hantie Olivier (48) het verskeie kere in ’n brandende huis probeer inkruip om haar ses huisdiere te red – net om telkens aan haar voete uitgesleep te word.

Die brandweer kon wel Peanut, een van haar honde, red. Hy is suurstof toegedien en na die veearts gejaag. ’n Nege weke oue nog naamlose katjie het ook die inferno oorleef.

Die brand, wat eergisteraand in die huis van Olivier se broer, mnr. Richard Chipps (32), uitgebreek het, het die sitkamer, gang en dak verwoes.

Die res van die huis is erg deur water en rook beskadig.

“Ek het ’n paar keer laag op die grond van die kombuisdeur na die gang gekruip om my diere te probeer red, maar iemand het my elke keer aan my voete na buite gesleep,” het Olivier gister verslae gesê.

Terwyl die Emfuleni-brandweer die vlamme geblus het, moes Chipps, Olivier en haar seun, Louis (11), magteloos toekyk hoe ’n groot deel van die huis deur die vlamme verswelg word.

Sy het buite aanhoudend na die honde geroep en brandweermanne kon hul oë nie glo toe hulle Peanut, die worshond, lewend in die brandende huis vind nie. Een van die katjies het self uitgekom en is eers gister gevind.

“Die ander drie honde en ’n kat was reeds dood. Hulle is waarskynlik deur die digte rook oorval,” het mnr. Gareth Staley van ER24 gesê.

Staley en ’n span ER24-noodhulpwerkers het Peanut soos ’n ware pasiënt met suurstof begin behandel en hom in ’n ambulans na ’n veearts geneem. “Dr. Louw Botha het ?Peanut met ’n kortisoon- en antibiotika-inspuiting behandel,” sê Staley.

Olivier was oorstelp van vreugde toe sy met Peanut herenig is, maar baie hartseer oor die verlies van haar ander huisdiere.

“Lady, Chow-Chow en Poppie was dierbare honde. Die twee katjies het nog nie name nie, want hulle was slegs nege weke oud.

“Die huis se krag was af en ons het gou ’n wegneemete gaan haal,” vertel Olivier.

Chipps, wat by die werk was toe die brand uitgebreek het, vermoed die krag het weer aangegaan en ’n kortsluiting veroorsaak.

Die gesin is nou tydelik dakloos en kon slegs ’n paar besittings uit die puin red. Hulle bly vir eers by ’n suster, mev. Hester Rautenbach, in Vanderbijlpark.

“Die brandweer se flukse optrede het verhinder dat die huis verder afbrand, maar ons het steeds baie skade,” sê Chipps.

“Ons is teen die grond, maar sal weer opstaan.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |