Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tuinier in hof oor moord
Die verdagte in die moord op 'n egpaar van Roodepoort en hul versorger het gister vlugtig in die Roodepoort-landdroshof verskyn. Mnr. Stephan Modise word daarvan aangekla dat hy op Werkersdag mnr. Douw Bijkersma (57), sy vrou, Hettie (57), en hul versorger, me. Elsje Wouda (40), vermoor het. Modise, wat as tuinier vir die gesin gewerk het, het ook mev. Jopie Durieux (83), mev Bijkersma se ma, in die nek en buik gesteek, maar sy het oorleef. Landdros Delize Smith het die saak tot 26 Augustus uitgestel om te bepaal waar sy saak aangehoor gaan word. Die saak gaan na verwagting in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.
- Amanda Tongha
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|