Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Wag skiet dief in huis in Pta dood
’n Dief is gistermiddag omstreeks 14:00 doodgeskiet in ’n huis in Queenswood in Pretoria waar hy ingebreek het. Insp. Klaas van der Kooi, polisiewoordvoerder, het gesê ’n veiligheidswag het gereageer toe ’n alarm by ’n huis in Wistletreestraat afgegaan het. “Toe die veiligheidswag die huis genader het, het hy gesien die deure staan oop. Hy het ingegaan en twee verdagtes in hul vroeë 20’s in die huis gekry. Die verdagtes het probeer om die wag van sy vuurwapen te beroof, maar hy het teruggebaklei en een van die verdagtes in die bolyf raak geskiet. Die ander verdagte het weggehardloop.” Volgens Van der Kooi het die voorval plaasgevind kort nadat verskeie arrestasies deur veiligheidswagte in die omgewing gemaak is. Van der Kooi het gesê die Villieria-polisiekantoor gaan binnekort ’n vennootskap met veiligheidsmaatskappye begin in ’n poging om misdaad in dié gebied te bekamp. – Virginia Keppler
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|