Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Stappe teen man wat blaser ná dronk weddenskap platduik
Port Elizabeth. - 'n Plettervat wat uit 'n dronk weddenskap spruit, het 'n oud-leerder van 'n hoërskool in Uitenhage persona non grata-status besorg. Verlede Saterdag se eerstespan-kragmeting tussen die Hoër Tegniese Skool Daniel Pienaar en Hoërskool Grey van die Baai het in 'n chaos geëindig toe dié wedstryd se skeidsregter, mnr. Phillip Bosch, vyf minute voor die einde van die wedstryd deur 'n toeskouer platgetrek is. Die onbekende 24-jarige toeskouer wat sy duikvernuf in 'n HTS Daniel Pienaar-trui gedemonstreer het, is by alle toekomstige skoolbyeenkomste verbied. Hy is aangesê om skriftelik om verskoning aan die skeidsregter asook die onderwysers en leerders van Hoërskool Grey en die skoolhoof van Daniel Pienaar, mnr. Nico Claassen, te vra. "Sulke optrede word nie deur Daniel Pienaar goedgekeur nie," het Claassen gister gesê. "Alle optrede het gevolge en nagevolge en ons het hom vasgevat. Hy het met opset ons skool se naam probeer skaad en ons sal dit nie duld nie." Wat dié toeskouer besiel het om Bosch van agter te duik, is egter steeds 'n duister saak.
"Hy het net sy kop geskud en gesê dat hy nie weet hoekom hy dit gedoen het nie," het Claassen gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|