Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Vrou, dogter en twee ander sterf in gru-ongelukke
Jul 24 2008 07:18:34:090AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Tisha Steyn

George. - Twee gru-ongelukke wat gister kort na mekaar plaasgevind het, het die lewe van vier mense in die Suid-Kaap geëis.

Mev. Lin Biermann (53), vrou van mnr. Neels Biermann, 'n prokureur in die dorp, en haar dogter, me. Raquel Purdon (19), het omstreeks 08:15 gesterf toe hul Hyundai-motor onder 'n Mercedes-vragmotor, swaar gelaai met 'n vrag kunsmis, beland het.

Hulle was op pad werk toe van Kleinkrantz, waar hulle gewoon het.

Na bewering het die vragmotor se remme teen die lang afdraand na die Kaaimanspas onklaar geraak en het die bestuurder beheer daaroor verloor.

Die slagoffers, wat in die teenoorgestelde rigting op pad was, het onder die vragmotor beland. Die voertuie het sowat 300 m ver oor die pad gesleur voordat hulle deur die versperrings gebars en teen die helling af is.

"Ek was op pad na Saasveld toe die vragmotor met die motor onder die enjin vasgepen van voor af kom," het mnr. Pieter Bekker, 'n ooggetuie, gesê. "Ek het uitgeswaai en die vragmotor het my bakkie se linkeragterkant getref sodat die bakkie omgeswaai het.

"Ek het gesien hoe die vragmotor en motor oor die pad en teen die helling af skuif. Die vragmotor het onder langs die rivier beland en die motor het sowat 8 m van die pad af teen die helling gelê.

"Die motor se dak is afgeruk. Een van die ander mense wat stilgehou het, het die kind (Purdon) se lyk sowat 35 m van die motor af gekry. Ek het die vrou se liggaam in die motor gekry. Sy was vergruis. As ek 'n sekonde later uitgeswenk het, was ek dood. Dis net 'n genade van Bo dat ek leef."

Mev. Biermann het by haar man se prokureursfirma gewerk en Purdon, wat verlede jaar aan die York High School gematrikuleer het, het by RAW Steel gewerk.

Die bestuurder van die vragmotor, mnr. Luwayne Michael Booysen (28), van Mosselbaai, is met ligte beserings in die George-hospitaal opgeneem.

In die ander voorval om 08:25 is twee mense dood en sestien beseer nadat 'n kontrakteursvragmotor op pad van Mosselbaai na Oubaai by Fraai-uitsig teen 'n bakkie gebots en gerol het.

"Die terrein was met beseerdes besaai. Die oorledenes se name is nog nie bekend nie," het kapt. Jannie Pio, waarnemende stasiekommissaris van die Groot-Brak?rivier-polisiekantoor, gesê.

Die pa en twee kinders, van 7 en 5 jaar oud, wat in die Ford Bantam-bakkie was, is ongedeerd.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |