Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Skokvideo: Meisie glo in gr. 8
Jul 24 2008 08:15:15:253AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jana Engelbrecht

Kimberley. - Die meisie in 'n selfoonseksvideo wat gister skokgolwe deur die stad gestuur het, is glo 'n gr. 8-leerling.

Só beweer 'n gr. 11-leerling van 'n bekende skool in dié stad.

Dié video, wat glo "absolute harde pornografie met eksplisiete seks" met die meisie uitbeeld, is Dinsdag glo al "voor eerste pouse" by verskeie skole in die stad versprei.

'n Gr. 11-leerling van 'n skool hier het gister gesê die video was "die hele stad vol".

"Ek het die video Dinsdagoggend gesien. Vandag het baie van die kinders die video van hul fone gevee, maar daar was steeds groepies wat oral gestaan en kyk het daarna."

Die leerling het gesê die meisie in die video is bekend aan 'n vriend van hom.

"Die video is deur die man wat met die meisie seks het, geneem. Hy hou die foon in sy hand. 'n Mens kan die TV-nuus in die agtergrond hoor. Die meisie sê ook in 'n stadium dat die man nie haar gesig moet afneem nie."

Hy het gesê hy was "geskok" om die inhoud van die video te sien.

Mnr. Francois van Wyk, Noord-Kaapse leier van die ACDP, het in sy kommentaar gesê kinderpornografie word as "uiters siek en gevaarlik" beskou.

"Selfs in Suid-Afrika waar daar van owerheidsweë 'n groot ruimte vir dié permissiewe gelaat word, is die toleransie vir kinderpornografie onaanvaarbaar," het van Wyk gesê.

"Selfs in Nederland word groot druk deur van die grootste partye uitgeoefen sodat webtuistes wat kinderpornografie bevat, versper moet word."

Van Wyk het gesê hy vertrou dat die polisie in hierdie geval die bron sal vind en hard sal toeslaan.

Konst. Sergio Kock het vroeër gesê die polisie se eenheid vir kinderbeskerming, gesinsgeweld en seksuele oortredings ondersoek die saak ingevolge die Wet op die Rolprent-en-publikasieraad.

Dié wet word gebruik om klagte rakende kinderpornografie te ondersoek.

Kock het gesê kragtens die Strafproseswet kan iemand wat skuldig bevind word aan die skepping, verspreiding en besit van kinderpornografie tronkstraf opgelê word sonder die keuse om 'n boete te betaal.

"Die ondersoek is in 'n sensitiewe stadium," het hy gister gesê.

  • Enigiemand wat probleme met pornografie ondervind, kan 'n geestelike berader by 076-795-7571 bel.

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |