Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Krugerpark was my huis; waarheen nou?'
Jul 24 2008 10:41:13:510PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Familie en vriende het mekaar gister gehelp om hul besittings uit die brandbeskadigde Krugerpark-woonstelle in die Pretoriase middestad te dra. Foto: Leon Botha
Verwante Berigte
  • Hy kan nie skuld vir 5 se dood kry, reken raad
  • Talle sonder heenkome ná brand
  • Polisie fynkam gebou verdieping vir verdieping
  • 'Dis raad se plig om haweloses te huisves'
  • Probleme kom al 'n baie lang pad
  • 'Daar is bloed op dr. Gwen se hande'
  • Virginia Keppler


    Inwoners van die Krugerpark-woonstelle in die Pretoriase middestad het gisteroggend om 06:00 in ’n lang tou voor die gebou gestaan terwyl hulle om die beurt, onder toesig, in die gebou toegelaat is om van hul besittings te gaan haal.

    Dié mense moes Dinsdag die gebou op die hoek van Vermeulen- en Schubartstraat ontruim nadat ’n brand in die gebou ontstaan het.

    Die brand het begin toe 38 woonstelle in dié woonstelblok en die Schubartpark-woonstelblok ontruim moes word as deel van ’n uitsettingsaksie deur die Tshwane-metroraad omdat die betrokke huurders met huurgeld agterstallig was.

    Mnr. Console Tleane, die metroraad se kommunikasiehoof, het vroeër gesê hulle het geweet die mense sal weerstand bied, maar hulle het nooit gedink iemand sal dit waag om die plek aan die brand te steek nie.

    Die Sowetan berig dat mev. Dina Osunde se stiefdogter, Adeola Osunde (19), en haar niggie en dié se seun, asook me. Fade Olusanya (30) en Tomi (vyf maande), in die brand omgekom het.

    Nóg twee inwoners het na hul dood gespring toe die brand uitgebreek het.

    Die Krugerpark-woonstelblok is nou onveilig verklaar.

    Talle mense het gister klere, huishoudelike toerusting en selfs beddens in hul arms en op hul kop en rug uit die gebou gedra uit vrees dat dit gesteel sal word.

    Lede van die Tshwane-metropolisie pas sedert Dinsdag die gebou dag en nag op om te verhinder dat diewe die woonstelle besteel.

    “Kry eerste die yskas,” het mev. Catherine Bawu vir haar kinders geskreeu toe dit hul beurt was om hul goed op die 18de verdieping te kry.

    Haar dogters, Sesam (14), Awakhe (11) en Funeka (14), moes onder staan en hul klere en beddegoed vang wat hul ma uit die venster van bo af gegooi het.

    Mnr. Ernest Moorkraft, ook ’n inwoner van die 18de verdieping, was baie ontsteld toe hy gisteroggend ontdek het twee rekenaarhardeskywe is gesteel.

    “Ons deur is oopgebreek en die goed is net gevat,” het hy moedeloos gesê.

    Sy vleis en groente wat hy net voor die brand uitgehaal het om gaar te maak het nog net so op sy kombuiskas gestaan.

    Mnr. Mbulaisano Netshiavha (29), wat ook haastig sy klere bymekaar gemaak het, het gesê hy het drie dae laas gebad.

    “Dit is ’n moedelose situasie. Krugerpark was my huis vir baie jare. Waarheen gaan ek nou?” het hy gevra en sy hande in die lug gegooi.

    Me. Linda Schmidt en mnr. Johan van Staden het gesê hulle is gelukkig dat hulle darem blyplek by ander familie kon kry.

    Hulle was by die werk toe die brand uitgebreek het.

    Sowat 240 hawelose mense van die woonstelblok is die laaste paar dae in die Pretoria-Noord-stadsaal gehuisves.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |