Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Beeld
Video: Operasie vir 'n glimlag
Brenda (13) is een van sowat 40 minderbevoorregte kinders wat gratis by die Johannesburg-hospitaal geopereer is.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Ál meer van SA na Australië
Jul 24 2008 10:13:03:827PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Carina van Wyk


Ál meer Suid-Afrikaners emigreer na Australië en ál meer Suid-Afrikaners van alle rasse wil emigreer.

Dit blyk uit ’n peiling wat Future Fact onder 2 500 volwassenes gedoen het, asook navrae gister aan die Australiese lugdiens Qantas en emigrasie-agentskappe wat navrae oor Australië hanteer.

Luidens die peiling oorweeg ál meer swart en bruin Suid-Afrikaners dit ernstig om die land te verlaat.

Me. Debbie Milne, navorser van Future Fact, het volgens Sapa gesê die aantal swart en bruin Suid-Afrikaners wat emigrasie ernstig oorweeg, het sedert 2000 met tussen 20% en 30% gestyg.

Sowat 39% van Suid-Afrikaners het verlede jaar gesê hulle oorweeg dit ernstig om die land te verlaat. In 2000 was dit 18%.

In 2000 het 22% wit mense, 18% swart mense, 12% bruin mense en 26% Indiërs gesê hulle oorweeg emigrasie.

In 2007 het dit verander na 41% wit mense, 38% swart mense, 42% bruin mense en 30% Indiërs.

Me. Michaela Messner, Qantas se bestuurder in Afrika, het gesê in die eerste helfte van vanjaar het 78,5% meer mense as dieselfde tydperk verlede jaar op dié lugdiens se vlugte as eenrigting- of emigrasiepassasiers uit Suid-Afrika vertrek.

Dié lugdiens vlieg vyf keer per week van Johannesburg af Sydney toe en het ingevolge ’n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse lugdiens (SAL) ook vyf vlugte per week na Perth.

Messner het gesê Qantas beplan om sy vlugte na Sydney van Desember permanent na ses per week te vermeerder. Emigrasie-agente het ook ’n drastiese toename in navrae oor Australië ervaar.

Me. Dulce Goncalves, eienaar van Passport 2 Australia in Doornkloof-Oos, Pretoria, het gesê sy kry die laaste ses maande “meer en meer” navrae van mense wat Australië toe wil gaan.

Sy kry veral die afgelope twee maande tussen 50% en 70% meer navrae as gewoonlik.

Goncalves skryf dit toe aan hoë misdaadsyfers. “Baie mense is ook bekommerd oor wie die volgende president gaan wees.”

Hoewel sy meestal navrae kry van wit, Afrikaanssprekende mense, is daar ook swart mense.

Volgens ’n verteenwoordiger van Migrate 2 Oz, ’n agentskap in Johannesburg, wou baie mense veral in Januarie en Februarie emigreer.

Dit was kort ná die ANC se nasionale konferensie in Polokwane en toe kragonderbrekings gereeld oor die land voorgekom het.

Hy het gesê dit was die besigste tydperk wat hy die laaste vyf tot ses jaar beleef het.

Hy reken die vernaamste redes vir emigrasie is misdaad, ’n vrees of onsekerheid oor die toekoms in Suid-Afrika en mense wat glo dat daar beter geleenthede vir hul kinders in die buiteland is.

Volgens hom kry hy veral navrae van wit mense, Chinese en Indiërs en in ’n mindere mate swart mense, en dié mense is kundiges met gesinne.

Geraaktes

Vlakke van depressie is hoog onder alle Suid-Afrikaners, maar die hoogste in lae-inkomstegroepe.

Dikwels depressief:

– 65% in die laagste inkomstegroepe

– 45% in die middelklas

– 33% in die hoogste inkomstegroep

Die grootste rede vir pessimisme is hoë misdaad. (Future Fact-peiling)


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |