Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Rapporteer daai padvark!
Jaagduiwels en padvarke kan nou ook op Arrive Alive se webwerf deur ander motoriste verkla word. ’n Waarskuwingsbrief word aan die eienaar van die voertuig gestuur nadat Arrive Alive ’n klag ontvang het. Ná drie waarskuwingsbriewe kan motoriste strafregtelik aangekla word. Volgens mnr. Ran?thoko Rakgoale, uitvoerende hoof van die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), word die eienaar van die voertuig wat aangemeld is in die brief van die beweringe teen hom ingelig. Eienaars word aangeraai om hul optrede op die pad te verbeter as hulle self bestuur het. As iemand anders bestuur het, word die eienaar gevra om die beweringe onder die bestuurder se aandag te bring. Eienaars word ook die keuse gegee om ’n verklaring na die korporasie te stuur as hulle reken die bewerings is ongeldig. Die verklaring word dan saam met die aanvanklike klag op ’n databasis geplaas. Rakgoale het gister gesê mense wie se name ’n derde keer op die databasis verskyn, kan strafregtelik aangekla word as daar getuies is wat bereid is om teen hulle te getuig. Die departement van vervoer moedig motoriste ook met oorhoofse elektroniese borde op hoofweë aan om swak bestuur aan te meld. Die woorde “Report bad driving” met ’n telefoonnommer flikker gereeld op dié borde. Volgens mnr. Collen Msibi, woordvoerder van die departement van vervoer, moet mense wat iemand aanmeld hul persoonlike besonderhede en adres verskaf om te verseker dat beskuldigings nie uit persoonlike vetes spruit nie. Msibi het gesê gereelde klagte sluit in rooi verkeersligte wat verontagsaam word, motoriste wat jaag en mense wat onveilig verbysteek. ’n Aansienlike aantal klagte oor busse, taxi’s en vragmotors is al ontvang, maar veral bestuurders van busse en vragmotors slaan ag daarop as hulle briewe ontvang, volgens Msibi.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|