Beeld iTV is hier!
Beeld is nou beskikbaar op DStv as 'n interaktiewe nuuskanaal. Een kyker staan die kans om 'n groot hoë definisie TV-skerm en HD PVR te wen.
Beeld
Kyk net dié gesig!
Mia-Lize van der Vyver (9 maande) hou glad nie van roomys eet nie...
  • Kyk na al die snaakse video's.
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Dooie (12) had glo deel aan moord
    Aug 27 2008 10:56:57:547PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Buks Viljoen


    Die 12-jarige seun wat ’n maand gelede in Marlothpark deur die polisie doodgeskiet is, was waarskynlik by die moord van mnr. Fanie Keyser (47) van Pretoria betrokke.

    Dié seun en sy 14-jarige makker (wat tydens die skietery in hegtenis geneem is) was met ’n AK47-aanvalsgeweer gewapen toe hulle deur die polisie in ’n kampong by Marlothpark vasgekeer is.

    Die twee word ook met minstens vier ander rooftogte in dié natuurpark verbind waarin ’n AK47 as roofwapen gebruik is, sê kapt. Manie van Zyl van die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad in Mpumalanga.

    Keyser is op 29 Desember 2007 koelbloedig by sy vakansiehuis in Marlothpark doodgeskiet, ’n dag voordat hy saam met sy vrou, Annelize (42), en seun, JC (13), na hul huis in Elarduspark, Pretoria, sou terugkeer.

    ’n Spesiale taakspan, onder leiding van Van Zyl, is in Februarie aangestel om die vlaag van rooftogte en moorde in Marlothpark te ondersoek.

    Sedertdien is minstens 19 verdagtes in hegtenis geneem. Daar word nog na ses van die bendelede gesoek.

    Volgens Van Zyl skuil die verdagtes iewers in Mosambiek.

    ) ’n Maand voor die Keyser-moord is mnr. Rudolph (Rudi) Harris (50) van Robertson in die Noord-Kaap ten aanskoue van sy vrou, Susan, en vriende doodgeskiet.

    Van Zyl sê die twee seuns word egter nie met dié moord verbind nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |