Brood en sous
Ek kyk na oom Andries en sien vir oorle' Oupa, en Pa, en al my ooms wat so sit en brood en sous eet het ná ete.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Smokkelaars los drie skaars broodbome langs die pad
Jan 09 2007 06:41:24:730PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Nicolize Mulder


Drie broodbome, waaronder ’n skaars bedreigde spesie ter waarde van tienduisende rand, is deur plantsmokkelaars langs die pad buite Pretoria gelos.

Lede van die Kameeldrift-polisiekantoor het ’n bedreigde Encephalartos hirsitus saam met ’n E. trispinosus en ’n E. altensteini oos van die stad gekry.

In laasgenoemde twee was mikroskyfies ingeplant en dit sal moontlik wees om te bepaal waar die plante vandaan kom.

As daar na hul groei en veral hul wortels gekyk word, is hulle waarskynlik uit tuine gesteel, het insp. Eliza Grobler, polisiewoordvoerder, gesê.

Die skaars E. hirsitus kom waarskynlik uit die veld. Afhangende van die aanvraag en toestand van die plant, is dit tussen R1 500 en R2 500/cm werd. Dit sal gister se vonds langs die pad minstens sowat R50 000 werd maak.

Volgens Grobler is broodbome fossielplante wat baie stadig (gemiddeld 1 of 2 cm per jaar) groei.

Broodboomsmokkel is ’n lewendige bedryf en die plante wat bekend is onder versamelaars en as statussimbool in ’n tuin gereken word, word dikwels op bestelling gesteel.

Volgens me. Cornia Hugo, assistent-direkteur van natuurbewaring in Gauteng, bepaal Natuurbewaringsordonnansie 12 van 1983 dat ’n besitpermit vir beskermde plante nodig is om sulke broodbome te besit. Die nodige in- en uitvoerpermitte moet ook verkry word as plante tussen provinsies vervoer word.

Die plante, en spesifiek die wortels, sal nou met onder meer hormoonpoeier behandel word om hul kans op oorlewing te vergroot. Die plante vrek dikwels nadat dit uitgehaal is.

Beeld het verlede jaar berig van twee E. laevifolius -reuse ter waarde van sowat R250 000 wat ’n kwekery-eienaar langs die pad opgemerk het. Een van dié reuse het sedertdien gevrek.

Navrae oor permitte vir broodbome of iemand wat ongerymdhede rakende die besit daarvan wil aanmeld, kan Hugo by 0 082 759 0078 of 0 012 355 1257 bel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |