Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Nagmerrie toe gewapende rowers in Pta by hek insluip
'n Vrou van Pretoria het het Woensdagaand 'n nagmerrie-ervaring gehad toe gewapende rowers deur haar elektriese hek gesluip en ondanks spreiligte en loeiende sirenes haar swaer met 'n vuurwapen aangehou het. Hier is haar verhaal met 'n reeks foto's van die misdadigers wat op heter daad op kringtelevisie betrap is. Dit moes net nog 'n gewone Woensdagaand gewees het, maar me. Sandy Stolz se rustige aand tuis het so hittete in 'n reuse-drama verander toe gewapende rowers deur haar huis se elektriese hek ingesluip het. Stolz, van Newlands in die ooste van Pretoria, was Woensdagaand omstreeks 22:00 besig met werk op haar rekenaar, toe sy toevallig na die skerm van die geslote kringtelevisiekamera gekyk het. Haar swaer en dié se vriendin het pas tuisgekom... "Nadat my broer sy motor parkeer het, het ek gesien hoe (onbekende) mans by die hek inglip nét voor dit toegemaak het. Ek het probeer fokus op dit wat ek nou net gesien het - en het gedink dit kan net nie moontlik wees nie," vertel Stolz. (Die agterste motor is dié van die misdadigers.) "Toe ek besef 'n misdaad is besig om te gebeur, probeer ek my gedagtes en aksies agtermekaar kry en hardloop ek na die alarmstelsel waar ek die paniekknoppie aktiveer. "Die misdadigers steur hulle egter min aan die alarm se sirene. Hulle hou aan om met die hek te karring en pluk omtrent die hele hek van sy spoortjie af. "Teen dié tyd is al vier die misdadigers op die erf. Die twee wat eerste ingesluip het, hou intussen my swaer met 'n vuurwapen aan en neem sy motorsleutels, selfoon en beursie. Hulle wil ook by hom weet of daar ander mense by die huis is. Volgens die Brooklyn-polisie is dit 'n tipiese scenario vir 'n gewapende rooftog. "My broer het gelukkig gesê daar is niemand anders tuis nie. Intussen het my drie kinders (in die huis) gelê en slaap - salig onbewus van die gevaar wat net buite hul kamervensters skuil. "Die buurman het intussen begin skreeu oor die loeiende sirene - hy was onbewus dat 'n misdaad besig is om te gebeur. "Op hierdie stadium het ek een van my polisievriende geskakel en hy het dadelik weer ander hulp ontbied. "My swaer het paniekerig begin skreeu en die misdadigers het besluit om liefs die pad te vat. Teen die tyd het die buurman ook al besef wat aan die gang is en begin hy ook vir die misdadigers gil. Hulle skiet twee skote in sy rigting terwyl hulle weghardloop. "Een van die koeëls het amper die buurman se seun getref wat by 'n venster op die tweede verdieping na die voorval staan en kyk het. " 'n Buurman oorkant die straat het 'n waarskuwingskoot geskiet en dit het vermoedelik die misdadigers oortuig dat hulle nie welkom is nie. Hulle het in hul motor geklim en weggery." Volgens Stolz het hulle aanvanklik nie besef die motor wat pas verby haar swaer gery het en toe agter hom stilgehou het, het "geharde misdadigers" in nie. Nie eers die alarm wat afgegaan het, het hulle afgeskrik nie: die boewe het bloot voortgegaan met hul misdaad en was min geskeel oor enige moontlike gevolge. "Ek dank God dat Hy my oë op daardie oomblik na die kamera (se skerm) gestuur het en ek die voorval sien gebeur het. Dit kon lelik skeefgeloop het vir my en my familie. "Ek haal ook my hoed af vir die polisielede van Brooklyn en ADT wat binne vyf minute op die toneel was. 'Welgedaan'," het 'n dankbare Stolz gesê. Inwoners van Pretoria loop die afgelope paar weke besonder erg deur onder gewapende rooftogte waartydens aanvallers hul huise plunder en mense tuis terroriseer. In verskeie van die gewapende huisroogtoge is slagoffers vermoor of ernstig aangerand. In een geval is 'n man permanent verlam nadat 'n rower hom gewond het. Stolz het skaars 'n week gelede in die geslote kringtelevisiekamera-stelsel belê. Sy het ook haar elektriese heining en alramstelsel reggemaak. Dit was reeds weke lank stukkend. "Is dit nie hartseer dat ons in die wonderlikste land ter wêreld, só moet lewe nie?" het sy gesê. "Ons kan net hoop en bid dat ons land oorgaan na aksie en strenger reëls en strawwe instel om mense te beskerm wat probeer om 'n (positiewe) verskil te maak," het Stolz gesê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|