Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Hein
Ouderdom: 47 Geboortedatum: 2/7/1960 Sterreteken: Kreef Woon in: Manzengwenya, KwaZulu-Natal Huistaal: Afrikaans Beroep: Landelike ontwikkelaar Agtergrond: Hein is 'n voormalige militant en hou van avontuur. Hy het al ál die dinge gedoen wat meeste van ons maar net in storieboeke van lees of op TV sien. Hy was menigmale in die Afrikabos sonder enige hulpbronne en weet dus baie van oorlewingstegnieke (soos hoe om vuur op sewe verskillende maniere te maak). Ten spyte van sy sigeuner-eienskappe is hy en sy vrou al vir langer as 20 jaar getroud. Hulle is tans besig om 'n kultuursentrum in 'n landelike gebied te bou, waar hy ook besig is om 'n boek oor astronomie te skryf. Waarom hy kan oorleef in Maleisië: Hein het 'n ongelooflike boskennis en is 'n voordeel vir sy span. Hy is goed met mense en is 'n strategiese speler. Hy is so sterk soos 'n bees! Hy beskryf homself as:". . . iemand met goeie toerondervinding en kennis van die buitelewe. Hy is iemand met 'n passie vir die lewe en nuwe avonture, maar hou nie van werk nie."
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|