Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Die ‘Survivor’-miljoen help, maar dis nie baie!
Nov 14 2007 10:08:05:930AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Wees maar versigtig met daardie miljoen, is die raad wat Vanessa Marawa, verlede jaar se wenner van Survivor South Africa: Panama, vir die deelnemer het wat vanaand in Survivor South Africa: Malaysia met daardie vet tjek onder die arm gaan wegstap.

“Moenie alles uitgee nie. Probeer om iets daarvan oor te hou, al is dit net R100 000. Dit verdwyn regtig vinnig. ’n Miljoen rand is baie geld, maar dit hou nie so lank nie. Dinge het baie duur geword,” vertel Marawa, wat dit darem ook reggekry het om ietsie van haar miljoen weg te bêre.

Haar enigste ander raad is, “gee van dit uit, spaar van dit en geniet dit”.

Haar bekendheid as wenner van Survivor het haar goed te staan gekom, bieg Marawa. “Dit het vir my baie deure oopgemaak en vir my toegang gegee tot geleenthede wat ek andersins nooit sou gehad het nie. Iets anders wat werklik wonderlik is, is die herkenning. Mense sien jou raak en kom gesels met jou. Op ’n slegte dag is dit nogal iets wat ’n mens weer opvrolik.”

Survivor het ook vir Marawa die deur oopgemaak na haar nuwe pos by ’n eiendomsagentskap in die Wes-Kaap waar sy “baie gelukkig” is. “As dit nie vir Survivor was nie, sou hulle my nooit genader het nie. Dis ’n wonderlike maatskappy om voor te werk.”

Sy bieg dat sy hard probeer het om na haar ma se raad te luister toe daardie groot tjek in haar bankrekening inbetaal is. Maar, vertel sy laggend, “Ek het nog nooit so baie geld gehad nie en dit was só lekker om dinge kontant te kon koop. En ek het nie regtig mal gegaan nie – behalwe vir die skoene wat ek oorsee gekoop het . . .”

Buiten vir praktiese dinge soos ’n rekenaar, ’n nuwe “beter” motor en ’n deposito op ’n blyplek, was die uitspattigste aankoop ’n baie duur paar stewels by ’n winkel in Hyde Park in Johannesburg.

“Hulle het omtrent R5 000 gekos, maar ek het hulle nog nie gedra nie, want hulle is té mooi en hulle moet so mooi bly! Hulle gaan net daar in die kas bly waar ek vir hulle kan kyk. Jy moet ten minste een heeltemal gek aankoop doen en dít was myne!” lag sy.

As sy weer die miljoen in haar hand kon hou en opnuut besluit wat om daarmee te maak, sou sy wel ’n paar dinge anders gedoen het. “Ek sou nie so baie daarvan uitgegee het nie, maar ek sou sowaar steeds daardie mooi stewels gekoop het!”

En toe ons haar vra wie sy dink dié keer met die miljoen gaan wegstap, bieg sy dat sy nie dié Survivor-reeks gevolg het nie. “Woensdae is ’n moeilike tyd. Sondae het ’n mens beter gepas, want dan was jy tuis. Op Woensdae was ek gewoonlik by ’n geselligheid, het laat gewerk of sommer saam met vriende geëet. Dus, ek het géén idee wie sal wen nie!”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |