Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
3 probeer oorleef, maar Mandla kan wen
Van die vier Survivors wat nog ’n kans staan om vanaand met die prysgeld huis toe te gaan, hoop drie van hulle om nie in die finale twee teen Mandla (Mbau) te staan te kom nie. Grant Clarke, Amanda Hoofen en Lorette Mostert meen al drie Mandla, met sy “uitsonderlike karakter”, is hul sterkste teenstander. “Wie hou nie van Mandla nie?” vra Amanda. “Wie is dom genoeg om teen Mandla te staan te wil kom (voor die jurie)?” beaam Grant. Aan die ander kant meen Mandla weer Lorette is die een wat die R1 miljoen voor sy neus kan wegraap. Die laaste twee dae op die eiland en die laaste stamvergadering word vanaand om 20:00 uitgesaai, gevolg deur ’n regstreekse uitsending vanaf Carnival City aan die Oos-Rand van die jurie se besluit oor in wie se bankrekening die ses nulle gedeponeer gaan word. Amanda meen tog sý is op die oomblik eerder ’n bedreiging vir die ander as wat hulle vir haar is. “Om 100% eerlik te wees, ek dink in die laaste twee dae het ek ’n goeie kans om die jurie te oortuig ek moet wen.” Mandla is ook vol selfvertroue oor sy kans. Lorette stem saam. “Mandla is so sterk soos ’n os. Fisiek verdien hy om Survivor te wen.” As Mandla die geld wen, beplan hy om dit te belê en die opbrengs aan te wend om arm mense van die straat af te kry. “Dit pla my dat soveel mense langs die pad sit en nie werk het nie,” sê hy.
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|