Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Lorette oorwin die eiland
Nov 15 2007 08:36:45:170PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Lorette Mostert saam met Mark Bayly, aanbieder van Survivor South Africa: Malaysia pas nadat sy gehoor het sy het gewen.
Verwante Berigte
  • Survivor Malaysia se R1 miljoen kry baas
  • Lorette toe een in 'n (R1) miljoen
  • Lorette se 'vyand' toe haar vriend
  • Amanda de Lange

    As Hein Vosloo, die oorlewingskenner van Kwa-Zulu-Natal nie aan die slaap geraak het tydens ’n uitdaging nie, het supt. Lorette Mostert van Middelburg dalk glad nie eergisteraand as wenner van Survivor South Africa: Malaysia weggestap nie.

    En hoewel Vosloo nie tydens die regstreekse uitsending van die program die aap uit die mou wou laat oor wat régtig tydens die uitdaging gebeur het waarin hy en Mostert teen mekaar te staan gekom het en wat hom sy plek in die spel gekos het nie, het hy wel later teenoor Beeld gebieg.

    “As jy vir ’n miljoen rand speel – dink nou logies daaroor – wie gaan dit dan sommer in die water gooi?” het Vosloo gevra.

    Hy het kykers weke lank aan die raai gehou met die twee scenario’s wat hy oor dié uitdaging geskets het: dat hy óf aan die slaap geraak het óf aspris die uitdaging “gegooi” het omdat hy Mostert in die spel wou hou. “Die eenvoudige waarheid is dat ek aan die slaap geraak het. Ek was toe reeds amper drie weke op die eiland en ek het elke dag bykans vier uur daaraan bestee om kos te soek vir die ander lede van ons stam. Ek was báie moeg.

    “Ons het ook ses uur lank gewag voor die stamvergadering uiteindelik plaasgevind het. Terwyl ek daar gestaan het, het ek in ’n ‘mikro-slaap’ verval. Toe ek wakker skrik het ek gesien Lorette staan reeds met haar hand op die skedel en toe sit ek maar my hand ook daarop.”

    In die uitdaging – die gevolg van ’n gelykopstem tydens die stamvergadering – moes Vosloo en Mostert 30 sekondes in hul koppe aftel en daarna ’n hand op die skedel neersit. Die een wat die naaste aan 30 sekondes afgetel het, het die uitdaging gewen.

    Mostert het haar hand ná 26 sekondes op die skedel gesit. Vosloo het eers heelwat later gevolg – ná 47½ sekondes.

    Mostert het gister aan Beeld gesê sy was aanvanklik oortuig daarvan dat Vosloo die uitdaging ter wille van haar gegooi het, maar dat sy later, nadat sy van die eiland teruggekeer het, besef het mense het geen idee van hoe lank dit neem om 30 sekondes af te tel nie.

    “Ek het toe gedink Hein het seker maar te stadig getel. Dat hy aan die slaap geraak het, is vir my ’n verrassing. Met Hein se militêre agtergrond het ek dit nooit eens as ’n moontlikheid oorweeg nie – ’n mens slaap mos nie op die battlefield nie.”

    Mostert het gesê sy het nog nie besluit wat sy met haar wengeld gaan doen nie en dat die besef nog nie mooi ingesink het nie. Wat sy nié gaan doen nie, is om uit haar werk as polisievrou te bedank.

    “ ’n Mens werk nie vir die polisie vir die geld nie. Jy doen dit vir die liefde daarvan. Ek wil graag ’n verskil maak. Dis hoekom ek daar is.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |